Leesplan inligting

Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig Voorbeeld

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

DAG 5 VAN 7

Austin en Tiffanie is jong paartjie wat dit reggekry het om 'n paar reise om die wêreld te onderneem en steeds R1.1 miljoen skuld binne vier jaar af te betaal. Ja, jy het reg gelees, maar voor jy hul storie verwerp as iets wat nooit met jou kan gebeur nie, moet jy besef dat dit glad nie altyd vir hulle maklik was nie. Inteendeel, toe hulle jonk getroud was, moes hulle elke maand van hul spaargeld gebruik maak om die rekeninge te betaal. Hoe het hulle dit dan reggekry om 'n lewe in die skuld te verruil vir 'n skuldvrye, gemaklike lewe? Dis wat hulle te sê het: 



"Ons het R1.1 miljoen in vier jaar afbetaal. Toe ons begin het, het dit eerlikwaar so moeilik gevoel. Ons plan was om dit binne 10 jaar af te betaal. Wat jy nie besef nie, is dat daar momentum en 'n gevoel van opwinding in jou groei wanneer jy dit begin afbetaal. Wanneer jy eers aan die gang is, wil jy net alles wat jy het daar insit. Dikwels, indien jy 'n goeie plan het, betaal jy jou skuld baie vinniger af as wat jy verwag het. Dit is wat in ons geval gebeur het."



"Jy moet dit egter op 'n manier doen wat vir jou werk. Hier is 'n paar lesse wat ons geleer het deur ons skuld af te betaal en vrygewigheid 'n prioriteit te maak."



1. Wees doelgerig oor die klein goedjies. 

"Klein goedjies kan baie vinnig altesaam R8 000 tot R10 000 van jou begroting opgebruik sonder dat jy dit besef. As jy egter doelbewus seker maak dat hierdie klein uitgawes nie ophoop nie, sal jy 'n gesonde bedrag hê om te gebruik vir iets waaroor jy passievol is. Ons probeer om nie toe te gee aan onmiddellike bevrediging nie, en ons probeer seker maak dat die bestedingsbesluite wat ons neem van só 'n aard is dat ons 'n week van nou af of 'n jaar van nou af steeds gelukkig daarmee gaan wees." 



2. Stel jou begroting op gebaseer op jou waardes. 

"Jy moet besluit wat vir jou belangrik is. Vir ons is dit belangrik om tyd saam deur te bring en saam te reis. Dit het vir ons 'n prioriteit geword, terwyl sommige mense wat ons ken nie gereis het voordat al hul skuld afbetaal was nie. Begroot vir hoeveel jy wil spandeer en bly sover moontlik daarby. Maak seker jy begroot vir die dinge wat vir jou die belangrikste is." 



3. Begin by God.  

"Ons het die dag wat ons getroud is, besluit om saam tiendes te gee. Om tiendes te gee en vrygewig te wees, is ons eerste prioriteit wat ons begroting aanbetref. Ons glo dat die Skrif se opdrag daaroor duidelik is. Daarby het ons reeds gesien hoe God vir ons in ons lewens voorsien as gevolg daarvan. Dit was dus ons basislyn. Dit maak nie saak in watter toestand ons finansies is nie, ons gaan ons daartoe verbind om ons eerste 10 persent aan God terug te gee. Buiten dit, is daar 'n vers wat vir ons leiding gebied het: 



'Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word' Spreuke 11:24.

Dit is nie asof God 'n verkoopmasjien vir lekkernye is nie. Jy sit nie jou een rand in en kry R10 uit nie. Dit is nie hoe Hy werk nie, maar God soek na mense en plekke waar Hy weet daardie persoon vrygewig gaan wees. As ons nie vandag vrygewig is met wat ons het nie, hoekom sal ons van God verwag om ons in die toekoms met meer te sëen?"



4. Bly op koers. 

"Dit maak nie saak waar jy begin nie, jy het die geleentheid om God te eer en 'n verskil te maak. As jy vyf rand per maand eenkant gaan sit om skuld af te betaal, doen dit net en hou koers. Hoe meer jy daarby sit, hoe meer motivering sal jy hê om dit af te betaal." 



"God vermenigvuldig dit wat ons gee. Dit is soos die verhaal van die vissies en brode. Dit gaan nie oor die hoeveelheid nie; dit gaan oor wat God kan doen deur jou gehoorsaamheid en jou vrygewigheid. Dit versterk jou geloof tot 'n baie groot mate wanneer jy dit sien. Jy mag dalk tans voel asof jy nie eens 'n duik in jou skuld maak nie of dat jy so min gee dat dit nie eens 'n invloed het nie. Dit is egter net 'n menslike perspektief. God se perspektief van dinge is so anders, Hy sal jou hart verander en jou hopelik toelaat om te sien watter impak jou vrygewigheid het." 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met o...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid