Leesplan inligting

Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig Voorbeeld

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

DAG 2 VAN 7

Audra is 'n enkellopende jong volwassene wat byna al haar skuld afbetaal het en 'n huis gekoop het. Na baie navorsing oor hoe om haar finansies verstandig te bestuur, het sy gevind dat die grootste struikelblok haar ingesteldheid was wat sy moes verander. In werklikheid, toe sy gevra is om die beste finansiële advies wat sy gehoor het te deel, het sy die volgende geskryf: 



"Om geld te bestuur is nie maklik nie. Kom ons wees eerlik, dit is moeilik om die winkel te verlaat sonder om ietsie ekstra in jou inkopiemandjie te sit. Ek was al skuldig aan die gebruik van krediet om 'n vliegtuigkaartjie op die nippertjie te koop, te gaan uiteet toe ek by die huis moes eet en om vir lidmaatskap by 'n gimnasium te betaal — wat ek nooit gebruik nie. Selfs al maak jy al die regte keuses, kan geld steeds 'n groot oorsaak van angs en bekommernis wees. 'n Gedeelte daarvan om die regte ingesteldheid oor geld aan te leer, is eintlik om te leer hoe om bekommernis te oorkom."  



"Jesus het geweet dat ons almal gaan hulp nodig hê om bekommernis te oorkom, en daarom het Hy vir sy volgelinge geleer juis hoe om dit te doen. Wat was sy kragtige oplossing? 'Kyk na die voëls …' Hy wys na die voëls wat nie heeldag werk om kos bymekaar te maak nie, maar tog gee God vir hulle kos om te eet."  



"Dan wys Hy sy gehoor na die blomme in die veld en sê: '… Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie' Matteus 6:29. Hy sê dus as God vir iets so verganklik soos 'n blom omgee en dit versorg, hoeveel te meer gee Hy nie om vir elkeen van ons nie?"  



"Die eerste stap om jou geld goed te bestuur, is om te besef: 'Ek het genoeg.' God sorg vir jou. Die voëls is nie daar buite besig om 'n werk te soek waar hulle 'n ses-syfer inkomste kan verdien, sodat hulle finansieel veilig kan voel en by hulle vriende kan spog nie. Hulle is sorgeloos omdat hulle versorg word, net soos ons versorg word."  



"Pastoor Craig Groeschel sê dit is om 'n 'skaarste ingesteldheid' teenoor 'n 'oorvloed ingesteldheid' te hê. Met 'n skaarste ingesteldheid, is ons bang dat ons nie genoeg het nie, maar met 'n oorvloed ingesteldheid, vertrou ons dat God vir ons sal voorsien met wat ons nodig het terwyl ons Hom volg."  



"Om te kan erken dat jy genoeg het is 'n groot stap! Dit kan jou bemagtig om op te hou om te veel geld uit te gee op dinge wat jy nie nodig het nie en eerder die geld te gebruik om jou skuld af te betaal. Dit kan jou die selfvertroue gee om die geld wat God vir jou gegee het, goed te bestuur deur dit te belê, te deel en vrygewig te gee."



"God se begeerte is vir ons om Hom te volg. Net soos Hy die voëls en die blomme uniek en vir 'n doel gemaak het, het Hy ons ook vir 'n doel geskape. Hy is selfs so rojaal dat Hy nie wil hê ons moet ons oor geld bekommer nie, maar eerder ons tyd bestee deur op Hom te fokus. Soms doen ons dit deur sy skepping te bewonder!" 



"Kyk dus na die voëls en die blomme. Dis my gratis finansiële raad aan jou. Ek wens ek kon al jou spesifieke finansiële probleme oplos en vrae beantwoord, maar ek verwys jou slegs na die Een wat kan. Hy wil hierdie las vir ons dra, sodat ons vry kan wees om ons doel uit te leef sonder bekommernis of angs oor geld, en Hy het vir ons van die wonderlikste voorbeelde in die hele skepping gegee om ons te help. Is Hy nie goed nie?"


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met o...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid