Leesplan inligting

Vergifnis: Die pad tot vryheidVoorbeeld

Vergifnis: Die pad tot vryheid

DAG 7 VAN 7

Leer reg kyk by Jesus


Jesus het sagte oë. Hy kyk by mense se foute en gemors verby as daar net ’n greintjie berou in hulle harte is. Of as daar ’n desperate smeekgebed oor hulle lippe uitbreek. Een verdwaalde sin soos: “Dink aan my wanneer U in u ewige koninkryk aankom,” maak dat Jesus net daar hemel en aarde vir hulle verskuif. Dan rol Hy die ewige rooi tapyt uit. Vra vir die misdadiger langs Hom aan die kruis in Lukas 23 wat net vir ’n gedagte vra, maar die ewige lewe kry! 


Jesus kyk sondaars heel. Hy kyk verlorenes gered. Hy kyk dooies lewend. Hy kyk berouvolles vry. Hy kyk ’n nuwe Genesis raak vir elkeen wat ’n slegte Eksodus beleef. Jesus kyk mense reg raak. Hy kyk mense reddend raak. Hy kyk mense met vergifnis raak. Dit is die kyk wat ons moet baasraak. Ons leef in ’n wêreld vol goor kyke. Mense kyk mekaar stukkend. Mense se oë is dodelike wapens. Staak sulke kyke. Kry oogsalf by Jesus in Openbaring 3:18. Leer sy kyk aan. Kyk met sagte oë na mense. Kyk met sy vergifnis en liefde.


Hierdie oordenkings is saamgestel uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Vergifnis: Die pad tot vryheid

Om te vergeef, kom nooit maklik nie. Vergifnis is vir seker nie om te maak of alles skielik reg is nie. In hierdie 7 oordenkings kom wys Stephan Joubert jou dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid