Leesplan inligting

Vergifnis: Die pad tot vryheidVoorbeeld

Vergifnis: Die pad tot vryheid

DAG 2 VAN 7

Alles kom teen ’n prys


Alles in die lewe, ook die heel beste dinge, kom teen ’n prys. Jou droomvakansie loop dikwels hand aan hand met stresvolle dinge soos vervoerreëlings, visums en verkeer. Jou beste vriende is soms die mense van wie jy ernstig verskil en wie se gewoontes jou irriteer. Jou huweliksmaat en jou kinders is dié met wie jy partykeer groot uitvalle het. Nogtans gaan jy op jou droomvakansie. Jy byt vas met jou vriende. En jy het jou gesin en familie lief met jou hele hart. 


Dan geld dieselfde sekerlik ook vir al die ander mense rondom jou, kerkmense inkluis. Ja, natuurlik gaan hulle jou teleurstel, maar jy gaan hulle ook teleurstel. Beteken dit jy moet hulle summier afskryf as hulle geestelike kleivoete het? Of êrens in die lewe iets verkeerds doen? Nee, nooit. Die kuns van ’n goeie lewe in God se teenwoordigheid is om jou geheime notaboekies met ander mense se foute in te “delete”. Ja, dit is moeilik. Dit verg vergifnis, opoffering en geduld. Tog is die vrug hierop groot vrede in die Here … en ’n hart wat minder veroordelend is. Dit maak jou regtig vry. Probeer dit, dan sal jy sien.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vergifnis: Die pad tot vryheid

Om te vergeef, kom nooit maklik nie. Vergifnis is vir seker nie om te maak of alles skielik reg is nie. In hierdie 7 oordenkings kom wys Stephan Joubert jou dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid