Leesplan inligting

Vergifnis: Die pad tot vryheidVoorbeeld

Vergifnis: Die pad tot vryheid

DAG 6 VAN 7

Wees ’n genadige vriend


Ek was stokflou ná die preek op die Kersoggend. Ons het pas by my skoonma aangekom waar die res van die familie ook bymekaar was. Nog voordat ek haar kon groet, kom wens haar bure se seun ons ’n geseënde Kersfees toe. Hy roep my boonop “Dominee”. Hier’s die ding, ek’s nie sterk op hierdie titel nie. (Dit kom van die Latynse dominus af wat beteken “heer”.) Ek was nie te vriendelik terug nie. Maar ek vergeet toe hiervan, tot so drie weke later toe ek in ’n ander stad moes preek waar hulle woonagtig is. Daar staan die vriendelike man weer en hy kom vra my om verskoning. Hy sê hy was eers ontsteld dat ek op Kersoggend so ontoeganklik was. Maar toe besef hy hy het ons privaat oomblikke binnegeval. 


Dadelik weet ek toe dit is nie hy nie; dit is ek wat weer groen vrugte gedra het vir die Here. Partykeer sukkel ek om sy lig helder te laat skyn. Genadiglik is daar sulke mense wat my dan nie heeltemal afskryf nie. Ek wil graag elke dag so ’n genade-uitdeler wees teenoor ander mense. Ek vermoed jy wil ook. Gaan doen dit net. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Vergifnis: Die pad tot vryheid

Om te vergeef, kom nooit maklik nie. Vergifnis is vir seker nie om te maak of alles skielik reg is nie. In hierdie 7 oordenkings kom wys Stephan Joubert jou dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid