Leesplan inligting

Vergifnis: Die pad tot vryheidVoorbeeld

Vergifnis: Die pad tot vryheid

DAG 1 VAN 7

Die harde pad van vergifnis


C.S. Lewis het gesê: “To be a Christian means to forgive the inexcusable, because God has forgiven the inexcusable in you.” Wat ’n kanonskoot van ’n waarheid! Om te vergeef, kom nooit maklik nie, veral as die onreg wat jou aangedoen is baie groot is. Vergifnis raak selfs nog moeiliker as dit nie lyk of daar enige berou aan die kant van die oortreder is nie. Wel, vergifnis is vir seker nie om maar net iets te sê soos: “Vergeet nou maar die verlede” nie. Dit beteken nie om te maak of alles skielik reg is nie. 


Vergifnis is om te kies om nie met woede en bitterheid aan te hou leef nie. Dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete neer te sit en dit daar te laat agterbly. Dit is om nie toe te laat dat jy vergiftig word deur dit wat ander mense aan jou gedoen het nie. Vergifnis is om deurgaans weg te kyk van dié wat jou skade aangedoen het, en om op te kyk. Vergifnis maak jou vry voor God. Beoefen dit en leef.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vergifnis: Die pad tot vryheid

Om te vergeef, kom nooit maklik nie. Vergifnis is vir seker nie om te maak of alles skielik reg is nie. In hierdie 7 oordenkings kom wys Stephan Joubert jou dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid