Leesplan inligting

GeduldVoorbeeld

Patience

DAG 4 VAN 6

Ouerskap en Geduld



Ons is God se eiendom, ons is sy uitverkore volk. In vandag se Skrifgedeelte word ons daaraan herinner dat voor ons God leer ken het, ons 'n verdraaide sin van identiteit gehad het.  Ons geduld groei tot volwassenheid soos ons begrip van ons nuwe identiteit in Christus groei. Ons leer onsself ken, wie ons is en wie ons hemelse Vader is. Wanneer ons ten volle verstaan dat God ons liefhet en dit aanvaar, dan kan ons geduldig wag en die moeilike omstandighede verduur.  



Ouerskap kan ons geduld beslis beproef, veral wanneer ons ons kinders moet dissiplineer. Wanneer my kinders egter die bevestiging van my liefde vir hulle ervaar, dan groei hulle vertroue in my as hulle voog. My jongste dogter is lief vir lekkergoed, maar ek kan haar nie toelaat om dit vir aandete te eet nie. Soos haar vertroue in my leierskap groei, vind sy dit makliker om op die woord "nee" te reageer en dan geduldig te wag vir nagereg.  God het ons lief en ons kan geduldig op Hom wag vir elke belofte om tot vervulling te kom omdat ons Hom vertrou en weet dat ons sy kinders is. 



Toepassing 



Glo jy dat God jou liefhet en jy vir Hom aanvaarbaar is?



Vertrou jy dat God net jou beste belange op die hart dra?



Hoe daag hierdie openbaring jou uit om geduldig op God te wag?



Gebed



Liewe Here, help my om te weet en te glo dat ek vir U spesiaal is. Baie dankie dat ek u kind is en dat U aan my 'n nuwe identiteit gegee het. Help my om in elke omstandigheid op U te vertrou. Amen





Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Patience

Ons hoop dat hierdie leesplan jou sal inspireer om die vrug van geduld verder in jou lewe te ontwikkel. Oor die afgelope paar jaar het ons gevind, al is die omstandighede nie altyd na wense nie, God dit nog steeds gebrui...

More

Baie dankie aan iDisciple wat die leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek die skakel: https://thekristencollection.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid