Leesplan inligting

GeduldVoorbeeld

Patience

DAG 1 VAN 6

Volharding en Geduld



Om op 'n Bybelse wyse in 'n beproewing te volhard, beteken dat ons oor 'n tydperk vir ons geloof sal moet veg. Hierdie moeilike tydperke ontwikkel 'n sterker karakter indien ons bereid is om geduldig te wees.  Nie geduldig op 'n passiewe manier nie, maar geduldig in die wete dat die geveg 'n tydlank kan duur.  Dit is menslik om die toets so gou moontlik af te handel, maar God gebruik hierdie toetse om ons lewens te vorm. Ek put hoop uit Jesaja 40:31: "maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie." Dit is 'n wonderlike belofte, wanneer ons op God wag, word ons eintlik sterker. 



Dit was 'n opwindende reis van ontwikkeling en om te droom oor "The Kristen Collection". Ons eerste boek in die reeks leer jong meisies geduld aan. Dit was vyf jaar voordat ons die eerste kopie in ons hande kon vashou.  Ons is dankbaar dat God ons bemagtig het om geduldig te volhard; en ons vertrou dat baie families deur dié reeks geseën sal word. 



In Suid Afrika is ons geseënd met wonderlike weer en ons bring baie tyd buite deur. Ons was onlangs getuie van een van God se pragtige geskenke in die natuur - 'n arend. Dit is so 'n majestueuse voël. Elke keer wat ons dit sien, word ons herinner aan die arend waarna God in die Woord verwys as 'n simbool van sy krag. 



Kom ons wag geduldig op die Here: ondervind en sien hoe Hy ons krag werklik hernu terwyl ons op Hom wag.



Toepassing



Gee jy maklik moed op?



Wat is op die oomblik jou grootste frustrasie?



Gebed



Liewe Here, vul my met hoop en moed terwyl ek met volharding deur hierdie moeilike tydperk van my lewe gaan. Dankie dat U my pad gelyk maak. Bemagtig my om nooit moed op te gee nie. Amen


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Patience

Ons hoop dat hierdie leesplan jou sal inspireer om die vrug van geduld verder in jou lewe te ontwikkel. Oor die afgelope paar jaar het ons gevind, al is die omstandighede nie altyd na wense nie, God dit nog steeds gebrui...

More

Baie dankie aan iDisciple wat die leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek die skakel: https://thekristencollection.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid