Leesplan inligting

GeduldVoorbeeld

Patience

DAG 2 VAN 6

Pyn en Geduld



Die Here is ten nouste by ons pyn en lyding betrokke. Sy genade is vir ons genoeg terwyl Hy ons versterk gedurende hierdie swaar tye. Of dit nou 'n mislukte besigheid, 'n familieramp, 'n gebroke verhouding of 'n geloofskrisis is, hierdie berge kan ons swak laat voel. Moenie moed verloor nie! Die genade van God is genoeg om ons deur hierdie omstandighede te dra. Toe Dawid Psalm 27 geskryf het, was hy in 'n desperate situasie.  Tog het hy geweet dat God sy krag is en hy het geduldig op die Here gewag. 



Ek is 'n verhoudingsmens. Indien jy jou hiermee kan vereenselwig, sal jy verstaan dat enige aanval of verhoudingskonflik, moeilik is om te hanteer. Gedurende 'n verhoudingsuitval het ek geleer om geduldig op God te wag. Indien ek alles gedoen het om die verhouding te herstel, dan wag ek op die Here vir versoening. Dit is nie altyd maklik om hierdie probleme in die gesig te staar wanneer jy niks aan die situasie kan verander nie. Dit is egter juis hierdie tydperke wat ons geduld help groei.  



Toepassing



Staan jy voor krisisse of verduur jy 'n pynlike situasie?



Hoe kan jy op 'n praktiese wyse in hierdie tyd toegang kry tot God se genade wat jou sal bemagtig om geduldig te wees?



Gebed 



Liewe Here, baie dankie vir u wonderlike genade wat my bemagtig om geduldig te wag. Baie dankie vir u troos en liefde gedurende hierdie moeilike tye. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Patience

Ons hoop dat hierdie leesplan jou sal inspireer om die vrug van geduld verder in jou lewe te ontwikkel. Oor die afgelope paar jaar het ons gevind, al is die omstandighede nie altyd na wense nie, God dit nog steeds gebrui...

More

Baie dankie aan iDisciple wat die leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek die skakel: https://thekristencollection.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid