Leesplan inligting

GeduldVoorbeeld

Patience

DAG 3 VAN 6

Geloof  en Geduld 



Vir ons geloof om te groei het ons geduld nodig.  Die apostel Petrus vermaan ons om nie selfvoldaan te raak nie, maar om alles in ons vermoë te doen om op God se beloftes te reageer deur ons geloof aan te vul en te versterk. Die opbou van ons geloof is nie 'n eenmalige ervaring nie. Die groei van ons geloof vat tyd en geduld.  Geloof is soos 'n spier wat oor 'n lang tyd oefening nodig het om te groei.  Ons geloofspad is 'n daaglikse reis van geduld. In 'n kultuur van onmiddellike bevrediging, neem ons selde die tyd om geduldig en aktief ons geloof aan te vul. 



Ons ervaar verskillende seisoene in ons lewens. Dit kan vergelyk word met die seisoene in die natuur: lente, somer, herfs, en winter. Die seisoene van die lewe leer ons geduld aan en min omgewings kan ons soos 'n plaas daarvan leer. Gedurende my grootwordjare op 'n plaas het ek geleer dat boere hul gewasse saai en dan geduldig moet wag vir die oes. Dit is 'n baie mooi proses. 'n Plant se potensiaal is in die saad opgesluit, in die regte klimaat sal 'n baie goeie oes daaruit voortkom. Net so is ons potensiaal binne ons opgesluit, daarom moet ons geduldig op die Here wag. 



Ek is baie lief vir die lente, want dis 'n seisoen gevul met die opbrengs van geduld. Voor die lente is dit winter en ek weet nie van jou nie, maar winter is beslis nie my gunsteling seisoen nie. Al die bome is gestroop en dra geen vrugte nie, maar binnekort is hulle welig groen en net waar jy kyk, bedek met pienk bloeisels.  In die winter is die saad rustend met geen teken van lewe nie. Dan kom die lente! Hebreërs 11:1 herinner ons dat God se beloftes ook rustend in ons lewens is. Net soos die seisoene verander, kan ons geduldig in geloof wag dat al God se beloftes vervul sal word!



Toepassing



Hoe kan jy op 'n praktiese wyse jou geloof aanvul?



Vra 'n gelowige om saam met jou te bid dat jou geloof sal groei.



Gebed



Liewe Here, help my geduld om tot volwassenheid te groei en dat ek my geduldspiere daagliks deur u Woord sal oefen. Amen


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Patience

Ons hoop dat hierdie leesplan jou sal inspireer om die vrug van geduld verder in jou lewe te ontwikkel. Oor die afgelope paar jaar het ons gevind, al is die omstandighede nie altyd na wense nie, God dit nog steeds gebrui...

More

Baie dankie aan iDisciple wat die leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek die skakel: https://thekristencollection.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid