Leesplan inligting

In Liefde Gegrond: Om die Christelike Lewe Voluit te LeefVoorbeeld

Rooted in Love: Living the Christian Life to the Full

DAG 6 VAN 7

Die Denke van Christus



Sou jy sê jy is wys? Ons moet daaroor nadink, want as Christene, het ons wysheid nodig — wysheid om te weet hoe om soos Jesus te leef.



Spreuke vertel vir ons dat wysheid meer waarde het as edelstene, of wat jy ook al as kosbaar beskou. Dit sal soos 'n krans van genade om jou nek hang en 'n sierlike kroon vir jou kop wees. Koning Salomo was reg om wysheid te kies, toe God hom enigiets in die wêreld aangebied het. God was so ingenome met sy antwoord dat Hy vir hom wysheid gegee het, asook rykdom en aansien. Wysheid is egter nie net die versameling van intellektuele kennis of om abstrakte teorieë te verstaan nie. Die wysheid van God is Christus wat gekruisig is. Wysheid is die wete dat: deur onsself te verloën, ons kruis op te neem en Jesus te volg, sal ons die lewe in al sy volheid laat vind. 



Wysheid is om te weet, deur jou lewe te behou, moet jy dit vir Jesus se ontwil verloor. Die wysheid van die kruis lyk dwaas vir die wysheid van die wêreld. Deur die krag van die kruis kom sy krag juis tot volle werking in ons wanneer ons swak is. Dit klink egter na dwaasheid vir diegene wat die bruto nasionale produk en megatonbomme as maatstawwe van krag gebruik. Dié wat hulle beywer om eerste te wees, wat floreer op mag deur beroemdheid en wat kennis as 'n bron van mag beskou, sal dit nooit verstaan nie. Wysheid kan nie alleenlik deur menslike pogings verkry word nie. Die wysheid van die kruis vertel vir ons, wanneer ons gewillig is om ons identiteit prys te gee, ons persoonlike vryheid op te offer, ons vooroordele te laat vaar, nie langer aan materiële rykdom en ons trou aan ander vas te hou nie, maar aan die eie-ek te sterf, sal die kroon van blydskap, 'n ewige naam, die koninkryk van God en die lewe in al sy volheid beërwe. Die hemel se wysheid is eerstens rein, dan vredeliewend, bedagsaam, onderdanig, vol genade en goeie vrugte, onpartydig en opreg.



Wanneer ons ons geloof in Christus plaas, word Hy vir ons: "die wysheid van God, geregtigheid, heiligmaking en die verlossing." So verstommend as wat dit is, beteken dit ons kan sê ons het die denke van Christus. Indien dit waar is, is daar geen diepte van kruisvormige wysheid wat te diep is en geen hoogte van geestelike kennis wat te hoog vir ons is om te verken nie. Isaac Watts weerspieël dit in 'n versie van sy lied: "Prys die Here": Hy het die sterre gevorm, daardie hemelse vlamme, Hy tel hul getalle, Hy noem hulle name; sy wysheid is omvangryk en het geen perke, 'n diepte waarin al ons gedagtes verdrink. Ons moet dus tyd met Hom deurbring — in Hom bly. Hoe dikwels jaag ons verby sonder om in God te bly? Is dit dan werklik verbasend dat ons sukkel om God en sy wysheid te verstaan? Daar word ook beweer dat wysheid slegs ontstaan ​​wanneer ons tyd maak om nie net kennis op te doen nie, maar ook om niks te doen nie — niksdoen in die ware tradisie van die bepeinsing, wat beteken om tyd te vind vir nadenke en vir vryheid van denke. Soos die kreatiewe wonder van Newton se aha!-oomblik onder die appelboom. Ons het tyd nodig vir nadenke, vryheid van denke en kreatiewe verwondering om daardie diepte te vind waarin al ons gedagtes verdrink.






Vrae vir Nadenke



1. Maak vandag tyd om na te dink oor wat wysheid vir jou en jou geloof beteken.



2. Is daar oomblikke in jou lewe waar jy jou tyd beter kan deurbring? Maak tyd vir niksdoen en dink dan na oor jou geloof gedurende hierdie tydjie.



3. Watter opofferings het jy gemaak en watter vooroordele het jy vir God se liefde en wysheid opsy geskuif?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Rooted in Love: Living the Christian Life to the Full

Hoe kan ons meer Christus-gesentreerde lewens leef? Hierdie 7-dag leesplan, is gebaseer op "Rooted in Love", 'n boek vir die Lydenstyd deur al die area biskoppe in die Bisdom van Londen. Dit is propvol praktiese bemoedig...

More

Baie dankie aan SPCK Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://spckpublishing.co.uk/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid