Leesplan inligting

In Liefde Gegrond: Om die Christelike Lewe Voluit te LeefVoorbeeld

Rooted in Love: Living the Christian Life to the Full

DAG 3 VAN 7

Nuwe Geboorte



 Nikodemus, 'n Fariseër en 'n lid van die Joodse Raad, het een nag na Jesus gekom vir 'n private ontmoeting, weg van die skare wat bedags gedurig om Hom saamgedrom het. Hy vra toe vir Jesus: "Rabbi, ons weet dat u 'n Leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie." Daarop sê Jesus vir hom: "Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." Jesus, 'n meester op die gebied van woordspeling, het dikwels woorde en beelde gebruik wat nie noodwendig letterlik opgeneem moet word nie. Die woorde wat vertaal is as "opnuut gebore" (of om nog 'n keer gebore te word) sou die oorspronklike lesers net so deurmekaar soos vir Nikodemus gelaat het. Wat sou hierdie woorde beteken? 



'n Paar jaar na Nikodemus se geheime ontmoeting, fokus Petrus op een gevolgtrekking wanneer hy aan die Christene, wat deur die hedendaagse Turkye versprei is, skryf om hulle te bemoedig. Hy verduidelik dat hierdie wedergeboorte ons vanaf wanhoop na hoop neem, 'n seker hoop van 'n nuwe burgerskap en 'n komende erfenis wat onverganklik en onbesmet is. Hierdie hoop is 'n geskenk uit God se groot genade. Omdat ons met Jesus se bloed op die kruis besprinkel is, sal die dinge wat ons van God sou geskei het, dit nie langer doen nie. Ons sondes is skoongewas. 



Ons is soos Jesus vir Nikodemus gesê het: "deur water" gebore, 'n afwassing wat deur die krag van die Heilige Gees deur die doop gesimboliseer word. Dit is belangrik om te beklemtoon dat die hoop waarin ons tree nie blindelingse optimisme is nie. Dit is ook nie op wensdenkery of fantasie gebaseer nie. Dit gaan oor kennis van die toekoms, verseker deur die opstanding, wat ons tans beleef. Dit gebeur op so 'n manier dat ons in die hede veilig voel. In hierdie toekoms, word God se koninkryk 'n werklikheid, 'n ewige lewe waarin daar geen dood en sterftes meer is nie. Hierdie hoop word vir ons in die hemel bewaar, alhoewel dit in ons hede kan deurbreek, is dit iets waarvoor ons geduldig wag om dit ten volle te kan beleef. Die belofte om nuut gebore te word, beteken ook dat ons van 'n nuwe familie deel word en daarom 'n nuwe burgerskap ontvang wat nie aan ons huidige hoop en probleme gebonde is nie en groter voordele vir ons inhou as enigiets wat hierdie wêreld kan bied.



Die skrywer van Hebreërs vertel vir ons: "Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is." Dit is wat ons deurdra wanneer ons in die skadu van lyding en dood leef. Om opnuut deur die opstanding van Jesus Christus gebore te word, bied vir ons 'n veilige en onwrikbare hoop. Die moontlikheid van 'n nuwe begin en herskepping is nie net vir die individu bedoel nie, maar ook vir gemeenskappe wat vir Jesus Christus volg.






Vrae vir Nadenke



1. Wees vandag op die uitkyk vir nuwe lewe — of dit 'n bloeisel of die geboorte van 'n baba is. Wat is hierdie nuwe lewe wat jy raaksien?



2. Hoe kan jy elke dag vir God dankie sê vir die hoop wat deur 'n nuwe geboorte verseker word?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Rooted in Love: Living the Christian Life to the Full

Hoe kan ons meer Christus-gesentreerde lewens leef? Hierdie 7-dag leesplan, is gebaseer op "Rooted in Love", 'n boek vir die Lydenstyd deur al die area biskoppe in die Bisdom van Londen. Dit is propvol praktiese bemoedig...

More

Baie dankie aan SPCK Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://spckpublishing.co.uk/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid