Leesplan inligting

In Liefde Gegrond: Om die Christelike Lewe Voluit te LeefVoorbeeld

Rooted in Love: Living the Christian Life to the Full

DAG 2 VAN 7

Roep die Naam van die Here aan



 Ons erken die mag van name en wat hulle verteenwoordig. Paulus se brief aan die Christene in Rome is 'n volgehoue verduideliking van die goeie nuus van Jesus Christus, wat die volgende vrae beantwoord: "Wat is die Evangelie?", "Hoekom het ons dit nodig?", "Kan ons gered word as ons die wet onderhou?", "Wat beteken dit om geloof te hê?", "Hoe herstel Jesus se dood en opstanding ons verhouding met God?" Teen die tyd wat hy by hoofstuk 10 kom, wil Paulus bevestig hoe wydverspreid die goeie nuus is — dat redding tot almal se beskikking is. Hy beweer, om die Naam van Jesus aan te roep, is om gered te word: "elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Handelinge 2:21). 



Hierdie is 'n ander soort krag in 'n Naam! In hoofstuk 9, voltooi Paulus sy verwerping van die idee dat om die wet te onderhou, redding kan bring — Israel, wat op die nakoming van wette vir hul redding staatgemaak het, hoor hulle kan slegs deur geloof gered word, so ook die res van die wêreld. Dit is inderdaad belaglik om voor te stel dat 'n mens gered kan word deur die wet te onderhou. Jy kan net sowel probeer om tot by die hemel te klim om die verrese Christus te vind of om die afgrond in te daal om Christus uit die dode op te bring. Redding is baie eenvoudiger as 'n sinnelose soektog na Jesus Christus, want Hy is deur geloof toeganklik.



Die lewe van dissipelskap is natuurlik nie maklik nie, maar daar is eenvoud in die eerste treetjie van hierdie reis. Paulus haal die Ou Testament aan: "Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart" — om die noodsaaklikheid van innerlike geloof en uiterlike belydenis saam te bind. Daar bestaan nie iets soos 'n geheime Christen nie: "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word". Die krag van belydenis, het vir die vroeë kerk, in 'n eenvoudige voorganger van die geloofsbelydenis gelê: "Jesus is die Here." Die effek van die innerlike en uiterlike belydenis is dat dit die evangelie in ons lewens vestig: ons glo innerlik en word geregverdig (vrygespreek deur God); ons bely uiterlik met ons monde en ontvang deur genade God se geskenk van redding. Die krag van dié Naam is herskeppend.



Vrae vir Nadenke:



1. Is daar enige konteks waarin jy dit moeilik vind om openhartig oor jou geloof te wees? Is jy ooit in die versoeking om 'n anonieme gelowige te wees?



2. Is die Heilige Gees besig om jou aan te spoor om gedoop of aangeneem te word, indien jy nog nie is nie?



3. Wat is die volgende treetjie op jou geloofsreis?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Rooted in Love: Living the Christian Life to the Full

Hoe kan ons meer Christus-gesentreerde lewens leef? Hierdie 7-dag leesplan, is gebaseer op "Rooted in Love", 'n boek vir die Lydenstyd deur al die area biskoppe in die Bisdom van Londen. Dit is propvol praktiese bemoedig...

More

Baie dankie aan SPCK Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://spckpublishing.co.uk/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid