Leesplan inligting

Gebede om God te KenVoorbeeld

Prayers for Knowing God

DAG 5 VAN 5

"Laat hulle aan U toegewy wees deur 'n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid."



– Johannes 17:17 (NLV)






Bewondering



Vader, U is die waarheid. Mense dink vandag dat die waarheid verskeie weergawes het. Tog is daar egter net een waarheid – en U is hierdie waarheid. Die waarheid kan nie gewysig word nie. Die waarheid pas nie aan by die huidige kulturele klimaat of standaarde nie. Die waarheid is in U gewortel en gegrond.



Om U te ken is om bekend te wees met die waarheid. Om U te ken, beteken ek weet in watter rigting ek moet gaan. Om U te ken beteken dat ek verstaan hoe om wysheid op al my lewenskeuses toe te pas. Ek loof U, want U het die waarheid aan my beskikbaar gemaak deur u lewe en deur die karakter van u oorkoepelende waarheid. U woord is die waarheid, en ek is geheilig wanneer ek aan u waarheid oorgee en U eer in alles wat ek doen.






Belydenis



Hemelse Here, vergewe my wanneer ek inligting buite u waarheid soek en versuim om u Woord te bestudeer. Ek bely dat ek baie keer antwoorde vir dit wat ek dink en voel by ander bronne, buite U, soek. U is die waarheid, en tog kyk ek na ander dinge en mense om my met my besluite te help.



Dit moet u hart seermaak, en ek is jammer daaroor. Vergewe my. Ek vra u vergifnis dat ek u karakter, wat u waarheid omvat, as minder belangrik ag. Ek ag dit as minder belangrik deur ander mense se menings te vra of selfs om my eie mening te kies bo dit wat U weet die beste vir my is om te doen of te dink. Ek vra om u genade en barmhartigheid om my te help sien dat dit wat ek glo, onwaar is. Help my om ten volle onderskeid te kan tref.






Danksegging



Vader, dankie dat U vir my die waarheid gee deur u eie bestaan en deur die openbaring in u Woord. Dankie dat U vir my die geleentheid gee om deur u waarheid geheilig te word. Dankie vir die geduld wat U aan my bewys wanneer ek wegdraai van die waarheid en my eie oortuigings nastreef. U is baie geduldig met my wanneer ek allerlei gedagtes ondersoek. Dankie vir u selfbeheersing wanneer ek ander rigtingwysers buite U soek, terwyl U my sagkens terugtrek na u Woord en u waarheid. Johannes 1:17 (NLV) sê: “Die wet is deur middel van Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.”



Dankie vir die genade en waarheid wat U deur Jesus Christus aan my beskikbaar gestel het, sodat ek my doelwit in u plan vir u koninkryk kan uitleef.






Smeekgebed



Helige Vader, U alleen is nie net die Bron van alle waarheid nie, U het ook vir my deur u Woord toegang tot U gegee. U is die waarheid. U Woord is die waarheid. Ek hoef nie verder as U te soek vir alles wat ek moet weet om vir my rigting, aanwysing en leiding te gee nie. As gevolg van U, kan ek heilig wees.



Ek bid dat ek baie nader aan U in u waarheid sal bly. Ek bid dat ek u waarheid van diep binne sal leer ken sodat ek nie deur dubbelhartigheid weggelok word nie. Laat skyn die lig van u waarheid op my siel en verdryf die donkerte van bedrieglikheid uit my gedagtes, my hart en my gees. Wys vir my die krag wat ek het wanneer ek volgens u waarheid funksioneer. Laat ek ‘n lig wees wat wys wat dit beteken om in u waarheid te leef en floreer sodat ander dieselfde sal wil doen.



In die Naam van Jesus bid ek hierdie gebed oor die werklikheid en versekering van u waarheid. Amen.






Ons hoop dat jy die Youversion leesplan nuttig gevind! Jy kan meer oor Dr. Tony Evans se nuwe boek, "Prayers for Knowing God" leer by,


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Prayers for Knowing God

In tye van krisis en verandering, is om God te ken, die enigste pad na stabiliteit en vrede diep in jou hart. Deur gebed kan jy sy liefde, sy karakter en sy krag ervaar — en toelaat dat jou geloof verander soos God jou b...

More

Ons wil graag dankie sê aan Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://www.harvesthousepublishers.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid