Leesplan inligting

Gebede om God te KenVoorbeeld

Prayers for Knowing God

DAG 1 VAN 5

"Hulle het mekaar toegeroep: 'Heilig, heilig, heilig is die Here, die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid!'"



— Jesaja 6:3 (NLV)






Bewondering



Hemelse Vader, ek gee erkenning aan u heiligheid en ek staan voor U in verwondering oor u heiligheid. U is soos die engele in u teenwoordigheid verklaar het: "Heilig, Heilig, Heilig". Daar is niemand soos U nie. Niemand verpersoonlik alles wat heiligheid behels en beteken soos U nie. U is uitsonderlik. U is rein. U is volmaak. U is uniek. U is buitengewoon. U is aan die buitekant, maar tog van binne. U bestaan uit 'n ongeëwenaarde mate van heiligheid.



Vandag, in my hart, verhef ek u Naam en die volle mate van wie U is. Ek loof U en staan in verwondering omdat ek weet dat U alleen dié titel en dié eienskap kan opeis: Heilig is U.






Belydenis



Vader, ek bely dat ek dikwels nie vir U die eer gee wat u heiligheid verdien nie. Dit sou vir my makliker wees om teenoor U op te tree soos ek moet as U in fisieke vorm voor my was, want dan sou ek voor u heiligheid te staan gekom het — óf in gestalte, teenwoordigheid, mag óf al drie tesame. Ek sou weet om eerbiedig te staan of uit respek stil te bly. Ek sou weet om my kop te laat sak wanneer U verbyloop. Omdat U egter die God is wat in die Gees en in waarheid wandel, faal ek dikwels om U te vereer soos ek moet. Die lewe se verpligtinge en eise lei my aandag te maklik af.



Vergewe my tekort aan eer vir u heiligheid. Vergewe my vir die ligsinnige manier waarop ek U partykeer benader of versuim om te erken hoe groot, volmaak en magtig U is. Vergewe my dat ek dit wat dalk mag gebeur vrees, eerder as om U met bewondering te vrees. Laat my met ‘n groeiende gewaarwording van u heiligheid lewe – sodat ek teenoor U kan optree soos ek moet en U respekteer soos ek moet.






Danksegging



Dankie Here, dat U eg en heilig bly. Dankie dat U nie verander in ‘n wêreld van toenemende agteruitgang van dit wat moreel en suiwer is nie. U het Uself op geen manier laat verminder nie. U het u heiligheid gehandhaaf, te midde van die rumoer van 'n gebroke samelewing.



Dankie dat U sterk staan vir dit wat reg, suiwer en heilig is. Dankie dat U nooit wankel, u houvas verloor of die wat U volg mislei nie. Dankie dat U vir my die insig gee om te begryp hoe ware heiligheid lyk en hoe heiligheid, besluite en gedrag kan beïnvloed. Slegs wanneer my verhouding met U groei en dieper word, sal ek die weg na persoonlike heiligheid vind wat, volgens u Woord, my na ‘n lewe van seën en guns sal lei (Matteus 5:8).






Smeekgebed



Vader, u Woord dryf my om na heiligheid te streef, want U is heilig (1 Petrus 1:16). Lei my, volgens u wysheid en Woord, na ‘n leefstyl wat beide innerlike en uiterlike heiligheid kweek in alles wat ek doen en sê. Laat my woorde min wees tensy hulle hierdie karakter van U weerspieël — heiligheid. Laat wat ek doen, gedoen word vanuit ‘n hart wat daarna smag om U beter te ken en daarna streef om my weë by u weë aan te pas.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Prayers for Knowing God

In tye van krisis en verandering, is om God te ken, die enigste pad na stabiliteit en vrede diep in jou hart. Deur gebed kan jy sy liefde, sy karakter en sy krag ervaar — en toelaat dat jou geloof verander soos God jou b...

More

Ons wil graag dankie sê aan Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://www.harvesthousepublishers.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid