Leesplan inligting

Gebede om God te KenVoorbeeld

Prayers for Knowing God

DAG 3 VAN 5

"Verstaan daarom dat die Here jou God inderdaad God is. Hy is die getroue God wat sy verbond vir duisend geslagte hou. Hy hou nie op om dié mense lief te hê wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam nie."



— Deuteronomium 7:9 (NLV)






Bewondering



Here, U is getrou. U hou u verbond en u troue liefde teenoor duisend geslagte van dié wat U liefhet en u gebooie gehoorsaam. U trou is soos die môredou wat lewe gee vir alles wat dit natmaak. U trou voorsien my van alles wat ek nodig het om u doel vir my uit te leef.



U getrouheid verhef U bo alle ander; dit dui vir ons aan dat U alleen God is en dat U alleen alle lof, alle aanbidding en alle eer waardig is. U Naam is groot en u getrouheid is eg. Ek kyk op na U in moeilike tye, wetende dat u getrouheid nie van my afhanklik is nie, maar van u inherente karakter wat u liefde vir alles bevat. Ek loof U vir u genade, u barmhartigheid en u trou.






Belydenis



Here, ek maak op u getrouheid staat, veral wanneer ek nie aan U getrou is nie. In die tye wat ek nie daarna streef om U te ken soos ek moet nie, vertrou ek U nog steeds om vir my te gee wat ek nodig het. Tog bly U getrou.



Ek bely dat ek U nie altyd soek soos ek moet nie. Ek gee nie altyd vir U die onverdeelde aandag en verering wat U verdien nie. Ek bely dat ek selfs u getrouheid en u Woord betwyfel wanneer probleme my oorval. Vergewe my dat ek vrees wanneer ek op u getrouheid behoort te vertrou. Vergewe my dat ek bekommerd is, wanneer ek gerus moet wees oor die werklikheid van u getrouheid. Vergewe my dat ek u troue liefde en voorsiening bevraagteken, eerder as om U te vereer met my geloof in U.






Danksegging



Vader, dankie dat u getrouheid nie van my gehoorsaamheid of selfs my geloof in U, afhanklik is nie. Dankie dat U getrou en eg bly, selfs al swig ek voor bekommernis omdat ek vergeet hoe getrou U is.



U was aan Petrus getrou toe hy op die see geloop het. Selfs toe hy van U af weggekyk en begin sink het, het U in getrouheid u hand na hom uitgesteek en hom van ‘n sekere ondergang gered. Ek weet ek kan altyd op U staatmaak vanweë u getrouheid. Dankie vir u groot liefde wat elke dag vir my gee wat ek nodig het.






Smeekgebed



Here, ek wil U eer met my geloof in u getrouheid. Ek wil U behaag met hoe ek op probleme en beproewinge reageer wat my kant toe kom. Ek vra dat U my geloof sal versterk en my vertroue in U sal verstewig sodat ek U verheerlik met alles wat ek sê en doen.



Ek vra dat U my groter geloof in u getrouheid sal gee. Ek vra vir ‘n groter bewustheid van u liefdevolle hand. Ek kyk op na U om, volgens u groot getrouheid, alles te voorsien wat ek nodig het. Laat die lig van u liefde en trou helder op my skyn en my uit die duisternis van wanhoop na die lig van u liefde verhef.



In die groot Naam van Jesus Christus, bid ek oor alles aangaande u groot getrouheid. Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Prayers for Knowing God

In tye van krisis en verandering, is om God te ken, die enigste pad na stabiliteit en vrede diep in jou hart. Deur gebed kan jy sy liefde, sy karakter en sy krag ervaar — en toelaat dat jou geloof verander soos God jou b...

More

Ons wil graag dankie sê aan Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://www.harvesthousepublishers.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid