Leesplan inligting

Gebede om God te KenVoorbeeld

Prayers for Knowing God

DAG 4 VAN 5

"Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome harmonie met mekaar te lewe – elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges."



– Romeine 15:5 (NLV)






Bewondering



Vader, U is die Een wat vir almal deursettingsvermoë en bemoediging gee. Daar is niemand wat soos U kan bemoedig nie. U liefde verhef die mense wat hoop verloor het en verlig alles wat eens in donkerte gehul was. Bemoediging is die kern van wie U is. Uit U spruit die lewe en liefde vir ewig. Ek loof en prys U, want U is ‘n God wat gebrokenes red en die wat gedaan is, verkwik.



Vandag verhef ek u Naam in lof vanweë die goedheid wat U versprei na almal wat vir lewe en hoop na U kyk. Laat die hoop van die hele mensdom sy bron in U vind. Mag ons dan u liefde herhaal deur die bemoediging wat ons vir mekaar gee. Ons sal U loof deur ons eie vriendelike optrede. Ons sal U eer met baie meer volharding in ons optrede teenoor mekaar as ooit tevore. Ons sal vir U die eer gee wat U toekom deur die gebrokenes uit die dieptes van die duisternis te verhef, sodat hulle ook hulle hoop in U, die groot Bemoediger, kan vind.






Belydenis



Vader, ek wil leer hoe om mense beter te bemoedig, om meer soos U te wees. Ek bely dat ek meer dikwels beskuldig of kritiseer as om te bemoedig. Ek is ook eerder op soek na iemand om my te bemoedig, in plaas daarvan om te besef dat ek ander mense moet bemoedig.



Vergewe my die selfsugtigheid wat my daarvan weerhou om ander te bemoedig soos ek moet. Dawid het selfs homself bemoedig toe hy mismoedig en depressief gevoel het. Vergewe my dat ek heeltemal te veel kla wanneer die lewe moeilik raak, eerder as om myself met u Woord te bemoedig en vasbeslote aan my hoop op U vas te hou. Vorm my sodat ek ‘n groter bemoediger van u heerlikheid word, Here, nie net vir myself nie, maar ook vir ander.






Danksegging



Heilige Vader, dankie vir u voortdurende bemoediging deur die kragtige waarhede wat ons in u Woord vind. Dankie dat U my gees met hoop en vreugde hernu, veral wanneer ek mismoedig voel. Dankie dat u Woord my herinner wie ek in U is – dat ek ‘n veroweraar, 'n oorwinnaar is – en dat ek alles het wat ek nodig het om ten volle my doel en bestemming uit te leef.



Dankie vir die krag wat U verskaf deur u bemoediging. U laat my hardloop en nie moeg word nie. U is die wind onder my vlerke. Ek kyk op na U wanneer ek moeg en moedeloos is, en U gee my hoop. Dankie dat U gedurig alles wat ek nodig het voorsien, soos lewe aan my gees en hoop vir my siel.






Smeekgebed



Here, ek vra dat U my sal help om U ten volle te hoor, veral wanneer ek mismoedig voel. Ek wil nie in so 'n mate in wanhoop verlore raak dat ek nalaat om na U te luister nie. U bemoediging kan ook net só ver gaan wanneer dit op dowe ore val. As ek U nie hoor nie, kan ek nie u bemoediging op my gees toepas om die lewe, wat U gee, te ervaar nie


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Prayers for Knowing God

In tye van krisis en verandering, is om God te ken, die enigste pad na stabiliteit en vrede diep in jou hart. Deur gebed kan jy sy liefde, sy karakter en sy krag ervaar — en toelaat dat jou geloof verander soos God jou b...

More

Ons wil graag dankie sê aan Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://www.harvesthousepublishers.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid