Leesplan inligting

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te WenVoorbeeld

Winning the War in Your Mind

DAG 7 VAN 7

Omdat ek, net soos jy, elke dag voel asof ek meer moet hanteer as wat ek kan, vertrou ek op God om my gedagtes te vernuwe. Sy waarheid is die plan vir my oorlog. Ek gaan voort om nuwe loopgrawe van waarheid te grawe om my ou groewe te vervang sodat hulle aan my denkpatrone sal gee wat tot lewe en vrede lei.



Waarmee het jy Jesus vandag, op hierdie oomblik, nodig?



Waar skiet jou gedagtes tekort aan sy lewegewende waarheid? Is jy vasgevang in 'n negatiewe, kwetsende en giftige groef? Wat gaan jy doen?



Jy gaan die vier hulpmiddels gebruik wat God vir ons gegee het om ons gedagtes reg te stel om die oorlog in ons denke te wen: (1) die Beginsel om te Vervang, (2) die Beginsel om te Herbedraad, (3) die Beginsel om te Herformuleer, en (4) die Beginsel om te Verheug.



1. Jy sal die leuen verwyder en dit met waarheid vervang. Ons weet ons het 'n vyand wat ons wil vernietig. Sy wapen is die leuen. Ons swakheid is om leuens te glo, en as ons 'n leuen glo, sal dit ons lewens beïnvloed asof dit die waarheid is. Die probleem is dat ons nie besef dat die leuens wat ons glo, eintlik leuens is nie. Hopelik is die leuens wat jy moet oorwin, nou vir jou duidelik. 



2. Jy sal nuwe loopgrawe van waarheid grawe. Ons breine het senuweebane — verstandelike groewe wat ons geskep het deur herhaaldelik dieselfde gedagtes te dink — wat ons outomatiese reaksie op eksterne stimulering veroorsaak. Om met 'n bepaalde gedrag op te hou, moet ons die leuen daaragter verwyder en die senuweebaan vervang. Ons grawe loopgrawe van waarheid. Hoe? Jy herbedraad jou denke met God se waarheid. 



3. Jy sal dinge herformuleer. Ons kan nie beheer wat met ons gebeur nie, maar ons kan beheer hoe ons dit sien. Ons het almal bewuste vooroordele wat veroorsaak dat ons dinge sien op maniere wat nie die werklikheid weerspieël nie. Tog het ons die mag om doelbewuste herformulering toe te pas, deur te verander hoe ons die verlede en toekoms sien.



4. Jy sal jou perspektief verander deur gebed en lofprysing. Dit is maklik om oorweldig te voel deur alles wat gebeur, maar wanneer ons genoeg gehad het, is God genoeg. Nie net is God genoeg nie, God is naby. Ons bly bewus van sy teenwoordigheid. Wanneer ons dit doen, spoor dit ons aan om bid. Gebed verander ons brein, net soos lofprysing vir God. Ons prys Hom vir die Wie van wie Hy is, selfs al is die wat nie wat ons wil hê nie. Soos ons God prys, daag Hy op en gee Hy ons gemoedsrus.



Besluit vandag dat jy nie soos die res van die wêreld sal dink nie. Jy sal God toelaat om jou denke te vernuwe. 



In plaas daarvan om vasgevang te wees oor wat jy sien, fokus jou gedagtes op Jesus. Hy het jou gemaak. Hy sal jou onderhou. Hy kan jou dra, jou versterk en bemagtig om te doen wat Hy jou geroep het om te doen.



Jy is meer as 'n oorwinnaar deur Christus. God is meer as genoeg. En niks kan jou skei van God se liefde nie. Laat God jou denke verander. Hy sal jou lewe verander.



Ontdek meer oor Pastoor Craig Groeschel se nuwe boek, Winning the War in Your Mind.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Winning the War in Your Mind

Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag Bybelleesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons on...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.craiggroeschel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid