Leesplan inligting

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te WenVoorbeeld

Winning the War in Your Mind

DAG 4 VAN 7

Die tweede hulpmiddel om jou denke te verander, is die Beginsel om te Herbedraad: Herbedraad jou brein, vernuwe jou denke. 



Enige stimulus oor geld lei my tot vrees, gedagtes dat ek nie genoeg het nie, en my behoefte om meer te spaar om sodoende sekuriteit te skep. Wanneer dit oor geld gaan, val ek in 'n groef – dit is hoe my brein werk – dus moet ek 'n loopgraaf van waarheid grawe.



Die goeie nuus is dat die Bybel oor al ons probleme praat. God se Woord gee vir ons waarheid wat ons bemagtig om uit die ou groewe van verwoesting uit weg te breek op 'n nuwe pad wat tot lewe lei. Wat sê die Bybel wat direk van toepassing is op my vrese en kwessies oor geld? Hier is 'n paar van my verse:




  • "Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly." Filippense 4:12

  • "Ek het julle gered, en nou sal julle name gebruik word in seënwense." Sagaria 8:13

  • "Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang." Handelinge 20:35

  • "En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk." 2 Korintiërs 9:8 NIV

  • "En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus." Filippense 4:19 


Hieruit het ek saamgestel wat ek 'n "verklaring" noem – wat ek verklaar om waar te wees in my stryd teen die leuens wat ek versoek word om te glo. Die doel van die verklaring is dat dit my nuwe senuweebaan word, my loopgraaf van waarheid wat ek doelbewus gegrawe het.



Hier is my verklaring gebaseer op God se Woord:



Geld is nie en sal nooit vir my 'n probleem wees nie. My God is 'n oorvloedige verskaffer wat in elk van my behoeftes voorsien. Omdat ek geseënd is, sal ek altyd 'n seën wees. Ek sal die leiding neem met irrasionele vrygewigheid, want ek weet dit is werklik meer geseënd om te gee as om te ontvang.



Dit is net een van my verklarings wat 'n probleem wat my jare lank geteister het, direk hanteer. Hierdie stellings skep 'n nuwe senuweebaan, wat lei tot vrede en vrygewigheid. 



Watter nuwe senuweebaan moet jy skep? Dit hang van jou ou senuweebaan af, nie waar nie? 



Trek jou verklarings op uit God se waarheid en maak hulle jou eie. Wees kreatief. Skryf jou verklarings op so 'n manier dat dit met jou sal praat en jou sal inspireer. Plaas dit op plekke waar jy hulle maklik kan sien en memoriseer. Sit dit in die notas op jou selfoon sodat jy vinnig na hulle toe kan blaai. Neem dit op in jou stemgrepe en luister daarna as jy oefen of ry. Herhaling sal jou nuwe loopgraaf dieper en dieper grawe, wat die nuwe senuweebaan makliker en toegankliker maak.



Skryf jou verklaring asof dit reeds waar is, selfs al glo jy dit nog nie ten volle nie. Met 'n nuwe verklaring, maak ons aanspraak op die oorwinning wat ons in Christus het en moet ons 'n senuweebaan skep wat ons vermoë sal bevestig om die vesting te kan sloop en die stryd te kan wen.



Dit alles mag dalk aanvanklik dwaas klink. Onthou, enigiets nuuts kan aan die begin vreemd voel. Jy sal iets sê wat jy wil glo, maar jou lewe sal iets anders sê. Dis reg! Moenie moedeloos word nie. Moenie moed opgee nie. Die aantrekkingskrag van jou ou, negatiewe gedagtes sal waarskynlik sterker wees as wat jy dink. Weerstaan daardie leuens. Hou aan om jou denke met God se waarheid te herbedraad en dit sal waar word van jou.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Winning the War in Your Mind

Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag Bybelleesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons on...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.craiggroeschel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid