Leesplan inligting

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te WenVoorbeeld

Winning the War in Your Mind

DAG 3 VAN 7

'n Rukkie gelede het ek plegtig belowe dat ek gaan ophou om met teksboodskappe en e-posse behep te wees. Ek het besluit dat elke keer as ek die pieng-geluid hoor ek nie die dringendheid sal voel om dadelik te gaan kyk nie. Wanneer ek wel gaan kyk, sal ek nie oor en oor lees wat die ander persoon geskryf het nie. Dan sal ek ook nie my antwoord oor en oor herskryf nie. My digitale voorneme het eerlikwaar net gehou ... wel, ek dink nie ek het ooit opgehou om met teksboodskappe en e-posse behep te wees nie. Nie alleen het ek my belofte gebreek nie; dit het glad nie begin nie!



Die moeilikheid met hoe ons ons probleme aanpak, is dat ons die probleem self takel. Ons fokus geheel en al op die gedrag deur onsself te verbind om te begin of om op te hou om iets te doen.



Jy het dit seker ook al gedoen, nie waar nie? Miskien het jy besluit, dalk selfs verklaar dat jy gaan verander.




  • Hierdie jaar gaan ek gesond eet en elke dag oefeninge doen!

  • Ek gaan nie langer met enigiemand uitgaan wat gemeen met my is nie. Om die waarheid te sê, ek sal glad meer op afsprake gaan nie!

  • Ek is moeg daarvan om my tyd op sosiale media te mors deur my lewe met dié van ander te vergelyk. Ek klim hierdie keer permanent uit!

  • Dis dit! Dis die laaste keer. Ek sal nooit weer na pornografie kyk nie!

  • Ek gaan nie vergroot of jok of skinder om aandag te trek of om beter oor myself te voel nie. Nie meer nie! 

  • Hierdie hele jaar gaan ek elke oggend die Bybel lees!


Wat ook al jou voorneme was, hoe het dit gegaan?



Ek gaan raai, nie goed nie. Hoekom? Gedragsverandering werk nie, want dit fokus slegs op verandering van die gedrag. Jy kom nie by die wortel van die probleem uit nie, want dis die gedagte wat die gedrag inisieer. Om meer presies te wees, die probleem is die senuweebaan wat lei tot die optrede. 



Kom ons sê jy haat die ou lelike boom op jou erf. Jy wil hê dit moet verdwyn. Einde ten laaste besluit jy dat die tyd aangebreek het om die probleem te takel. Dus loop jy die erf binne met 'n klein handsagie. Jy kies 'n lelike tak en sny dit van die boom af. Jy glimlag en loop terug, die huis binne, triomfantelik sing jy 'n mengelmoes van "All I do is win" en "Another One Bites the Dust." Die volgende dag is jy geskok om te sien die boom staan steeds sterk. Terwyl jy by die venster uitkyk, verbeel jy jou dat dit vir jou grynslag.



Ek weet. Die vergelyking is absurd. Jy sal nooit probeer om 'n boom dood te maak deur net een tak af te saag nie. Want, dis ooglopend dat die tak nie die probleem is nie. Die boom is die probleem. Om die waarheid te sê, die boom se wortelstelsel is die hoofoorsaak. As jy nie die wortelstelsel verwyder wanneer jy die boom afkap nie, kan dit maar net weer begin groei.



Nou goed, as ons besluit, ek gaan ophou om op my kinders te skreeu of ek gaan ophou om myself te isoleer en om 'n eensame lewe te lei of ek gaan elke dag oefeninge doen, is ek net besig om 'n tak af te saag. Ons ignoreer die werklike probleem van die leuen wat ons glo en die geestelike groef waarin ons val. Ons beveg slegs simptome, nie die oorsaak nie.



Deur te dink dat ek 'n sekere gedrag kan verander deur slegs die gedrag te verwyder, is absurd. Die gedrag is nie die hoofoorsaak nie. Die senuweebaan wat my lei tot die optrede, is die probleem. As ek die optrede stop, sal dit maar net weer terugkom, behalwe as ek




  1. die leuen aan die wortel van die gedrag verwyder, en

  2. die senuweebaan vervang wat my tot die optrede lei.


Waar gaan ons hierdie nuwe gedagtes kry? Wenk: ons sal hulle nie kry deur deur sosiale media kommentare te blaai nie, deur na ons gunsteling musiek te luister nie, of om 'n vriend vir sy opinie te skakel nie. 



Om die leuens te stop en hulle met waarheid te vervang, moet ons in God se Woord gaan kyk.



Dis wat Jesus gedoen het. Toe Satan Hom versoek het, kon Jesus nie sy iPhone uitpluk en die YouVersion Bybeltoep oopmaak om 'n vers te soek wat mag help nie. Hy het reeds waarhede van God se Woord in Hom gehad wat 'n nuttige senuweebaan geskep het. Toe Hy versoek is, het Jesus daardie pad gevolg wat Hom na gehoorsaamheid en vryheid gelei het.



Dis wat ons moet doen. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Winning the War in Your Mind

Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag Bybelleesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons on...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.craiggroeschel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid