Leesplan inligting

In gesprek met my HereVoorbeeld

In gesprek met my Here

DAG 2 VAN 15

Gebed en dankbaarheid


Filippense 4:6-7 is van my heel gunsteling tekste in die Bybel. Letterlik staan hier dat ons oor niks bekommerd hoef te wees nie; al wat ons te doen staan is om alles wat ons graag wil hê van God te vra, terwýl ons vir Hom dankie sê dat Hy reeds ons gebed verhoor het. Indien ons dit kan regkry, sal God vir ons sy vrede “wat alle verstand te bowe gaan” in ons hart en lewe gee.


Terwyl Paulus hierdie formidabele uitspraak lewer, is hy nie besig om vakansie te hou nie, hy sit in ’n tronk — nie juis ’n kweekhuis vir dankbare mense nie. Tog kry hy dit nie net reg om dankbaar te wees ten spyte van sy haglike omstandighede nie, maar die hele brief wat hy aan die gemeente van Filippi skryf, is so vol blydskap dat dit die “blydskapsbrief” genoem word. 


Indien jy op die oomblik gestres en bekommerd is, luister na Paulus se goeie raad: Gaan praat met God oor jou probleme, en sê terselfdertyd vir Hom dankie omdat jy weet dat Hy ’n oplossing vir elkeen van daardie probleme kan bewerkstellig. Vertrou Hom dan om sy vrede vir jou te gee sodat dit oor jou hart en gedagtes die wag sal hou.


Vader, U weet van elkeen van die dinge wat my so bekommerd en depressief maak. Ek bring hulle nou vir U met die wete dat U vir my oplossings daarvoor kan bewerk. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

In gesprek met my Here

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n pos...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid