Leesplan inligting

In gesprek met my HereVoorbeeld

In gesprek met my Here

DAG 1 VAN 15

Raadpleeg éérs die Here


Wanneer die koning van Israel vir koning Josafat van Juda vra om hom te help om teen die Arameërs oorlog te maak, is hy dadelik gewillig, maar hy het tog één voorwaarde: dat die Here éérs geraadpleeg sal word voordat hulle enigiets doen. Voordat jy jou eie kop volg, lê net eers jou planne aan God voor. Die pad van hierdie jaar is vir Hom glashelder, Hy weet reeds presies wat op jou wag: of dit ’n sterjaar vol verrassings en verwagtings wat realiseer gaan wees en of dit ’n jaar vol krisisse en hartseer gaan wees.


Wanneer jy die Here gereeld raadpleeg en jou lewe in sy hande gee, kan jy seker weet dat alhoewel daar dalk vir jou swaarkry en seerkry kan voorlê, die wysheid van God elke dag tot jou beskikking sal wees, dat Hy jou dag vir dag sal dra en selfs wanneer dit werklik moeilik gaan nog daar sal wees om jou te help en te ondersteun.


Die heel beste ding wat jy kan doen, is om meer tyd vir God te maak en te werk aan jou verhouding met Hom. Lewe naby aan God, luister na Hom en wees bereid om Hom te gehoorsaam. Praat met Hom en bestudeer sy Woord. So sal jy elke dag sy seënende teenwoordigheid in jou lewe ervaar.


Vader, ek onderneem om U elke dag te raadpleeg voordat ek my eie kop volg. Lei my asseblief elke dag en wys vir my wat u wil vir my lewe is. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

In gesprek met my Here

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n pos...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid