Leesplan inligting

In gesprek met my HereVoorbeeld

In gesprek met my Here

DAG 4 VAN 15

Bloudruk vir gebed


Wanneer Jesus se dissipels by Hom om hulp kom aanklop en vra dat Hy hulle sal leer om te bid, vertel Hy hulle haarfyn hoe daar te werk gegaan moet word. In Jesus se tyd het die Jode dikwels langs die strate gebid net sodat die mense hulle kon sien. Dit hoort nie so nie, leer Jesus sy dissipels. Die eerste vereiste vir gebed is dat jy vir jou ’n plek moet uitsoek waar jy alleen saam met God kan wees, soos Jesus dan ook self dikwels gedoen het.


In Die Boodskap word hierdie bloudruk vir gebed so eenvoudig uiteengesit dat selfs ’n kind dit kan verstaan: “As jy bid, gaan na ’n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. Moet ook nie dieselfde rympie oor en oor sê wanneer jy bid nie. Onthou: jou Vader in die hemel weet reeds presies wat jy nodig het.” Hierna gee Jesus vir sy dissipels die “Ons Vader” as modelgebed wat hulle kan gebruik wanneer hulle bid.


Indien jy dit nog nie uit jou kop ken nie, kan jy dit gerus leer en Jesus se woorde nasê op daardie tye wanneer jy self sukkel om te bid.


Vader, U is so oneindig groot, en ek so nietig en sondig. Dit is vir my onbegryplik dat U hoegenaamd bereid is om na my gebed te luister. Vergewe my sonde, asseblief. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

In gesprek met my Here

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n pos...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid