Leesplan inligting

In gesprek met my HereVoorbeeld

In gesprek met my Here

DAG 7 VAN 15

Gesprek met God


Daar is min dinge wat meer irriterend is as iemand wat weier om ander mense ’n kans te gee om te praat. ’n Gesprek beteken juis dat daar wedersydse kommunikasie tussen persone sal wees. Gebed mag nooit ’n monoloog wees waar jy alleen aan die woord is nie. Gebed, beweer Rosalind Rinker, die Amerikaanse skrywer wat van die eerste boeke oor gespreksgebed geskryf het, is altyd ’n gesprek tussen twee persone wat mekaar liefhet.


Moeder Teresa, wat in haar leeftyd ’n ware gebedsreus was, het graag haar gebedsgeheim gedeel. Haar geheim is baie eenvoudig, het sy gesê. “Gebed is eenvoudig om met God te praat. Hy praat met óns en ons luister. Ons praat met Hom en Hý luister. Dit is ’n tweerigtingproses: Praat én luister.”


As jy sukkel om te bid, kyk mooi of jou gebede nie dalk — miskien sonder dat jy dit eens agtergekom het — in monoloë ontaard het nie. Leer weer om jou in te stel om na God se stem te luister, vrá Hom om jou te leer luister en ook om vir jou die regte woorde te laat gebruik. Eers nadat jy fyn geluister het, kan jy Hom antwoord met jou gebede.


Hemelse Vader, ek sien nou dat my gebede nie gesprekke was nie. Vergewe my, asseblief. Leer my opnuut om na u stem te luister en U met my gebede te antwoord. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

In gesprek met my Here

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n pos...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid