Leesplan inligting

Doelgerigte GebedVoorbeeld

Doelgerigte Gebed

DAG 7 VAN 7

Bid volgens die Skrif in jou daaglikse stiltetyd


Vader, op grond van u uitnodiging kom ek met vrymoedigheid na u genadetroon sodat ek barmhartigheid en genade kan ontvang en so op die regte tyd gered kan word (Heb. 4:16). 


Ek staan vas op al u beloftes. Ongeag hoeveel beloftes U gemaak het, Jesus is die “ja” van God, die “ja” op al u beloftes. Daarom is dit ook deur Christus dat ek tot eer van God daarop “Amen” sê (2 Kor. 1:20-21). Here Jesus, U het belowe: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word” (Matt. 7:7). Ek weet dat u beloftes gebou is op u karakter, en u Woord leer dat God nie ’n mens is dat Hy sou lieg nie; ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie? (Num. 23:19). Here Jesus, my hoop en vertroosting is in u Naam omdat U ons belowe dat wat ons ook al in u Naam vra, U dit sal doen sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. U het belowe dat, as ons U iets in u Naam vra, U dit sal doen (Joh. 14:13-14).


Ek roep U aan op grond van u verbond met my toe U gesê het U sal vir my ’n Vader wees, en ek sal vir U ’n seun/dogter wees (2 Kor. 6:18; Heb. 8:10). Om te verseker dat u besluit onveranderlik is, het U dit met ’n eed aan die erfgename gewaarborg (Heb. 6:17). U het my geskape om u verteenwoordiger op aarde te wees en my deel van u koninkryk gemaak, ’n priester om U te aanbid, om U voortdurend aan Jesus se volmaakte offer te herinner terwyl ek my priesterlike taak voor u troon verrig (Op. 1:6). Wanneer ek voor u troon staan om in te tree vir die wêreld, hou ek vas aan u belofte, dat ons almal uit u oorvloed genade op genade sal ontvang (Joh. 1:16).


Vader, niks is vir U onmoontlik nie (Jer. 32:17) en U trek niemand voor nie (Rom. 2:11). Daarom kom ek met vrymoedigheid na die genadetroon met die sekerheid dat U na my sal luister en dat ek hulp van U sal ontvang (Heb. 4:16).


Hierdie oordenkings is saamgestel uit DOELGERIGTE GEBED deur Bennie Mostert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Doelgerigte Gebed

Ons besef die belangrikheid van gebed. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? En wat bedoel mense wanneer hulle sê jy moet die Skrif bid? Bennie Mostert bied vir jou praktiese wenke in die volgende 7 da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid