Leesplan inligting

Doelgerigte GebedVoorbeeld

Doelgerigte Gebed

DAG 5 VAN 7

Bid volgens die Skrif oor die bevryding van sonde


Ek verklaar: Here Jesus, U is gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde (Heb. 13:8). Niks is vir U onmoontlik nie. U het aan die kruis gesterf en uit die dood opgestaan, en daarmee het U die mag van sonde, die Bose en die dood gebreek (Kol. 2:13-15; 1 Joh. 3:8). In U is ek versoen met God my Vader en daarom werk sy almagtige krag in en deur my (Ef. 1:19).


Ek bely saam met u Woord: U het my vrygemaak van sonde en in diens van God gestel, en die vrug daarvan is my heiligmaking en ook die ewige lewe (Rom. 6:22). Ek kies om nie toe te laat dat die sonde nog langer oor my heerskappy voer nie en om nie die begeertes van my sterflike aardse bestaan te gehoorsaam nie. In u Naam kies ek om geen deel van my liggaam in diens van die sonde te stel as ’n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Ek stel my liggaam nou in diens van God as iemand wat dood was, maar lewend gemaak is, as werktuig om die wil van God te doen. Ek dank U wat my vrymaak van verslawing aan sonde en kies om ’n slaaf van U te wees wat u wil doen (Rom. 6).


As volgeling van Jesus Christus besef ek dat my liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is wat in my woon. Ek wil U ook in my liggaam en gees verheerlik (1 Kor. 6:19-20). U genade is vir my genoeg en u krag kom juis tot volle werking wanneer ek swak is. Here Jesus, u krag is my beskutting (2 Kor. 12:9).


Ek bid dat U deur u Gees uit die rykdom van u heerlikheid aan my die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in my hart sal woon en dat ek in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag ek daarom in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Help my om u liefde te ken, u liefde wat alle verstand te bowe gaan, en mag U my heeltemal vervul met die volheid van God (Ef. 3:16-19).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Doelgerigte Gebed

Ons besef die belangrikheid van gebed. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? En wat bedoel mense wanneer hulle sê jy moet die Skrif bid? Bennie Mostert bied vir jou praktiese wenke in die volgende 7 da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid