Leesplan inligting

Doelgerigte GebedVoorbeeld

Doelgerigte Gebed

DAG 2 VAN 7

Hoekom moet ons die Woord bid?


Wanneer ons die gesag van die Woord en die plek van die Woord in ons lewens verstaan, volg daaruit dat ons die Woord moet bid. Hier is ’n aantal redes waarom ons die Woord moet bid:


God maak sy wil in die Woord bekend. Wanneer ons die Woord bid, bid ons dus die wil van God. En as ons volgens die wil van God bid, sal God ons gebede verhoor, sê die Woord (1 Joh. 5:14-15).


Sekulêre boeke verskaf kennis en kan insig gee, maar dit is slegs as ’n mens die Woord lees dat jy tot geloof kom. As ’n mens dus die Woord bid, word geloof in jou hart gesaai (Rom. 10:17).


Die Woord (Skrif) openbaar wat God se prioriteite is. As ons volgens die Woord bid, leer ons wat hierdie prioriteite is en dan is ons in staat om ons persoonlike lewens volgens hierdie prioriteite in te rig.


Die Woord het gesag. Toe die Vader die heelal geskep het, het Hy dit deur sy Seun, die Woord, gedoen. Die Woord het ’n woord gespreek en daar was lig, lewe en mense. Wanneer ons vandag die Woord verkondig, word dit ’n deklarasie in die geestelike ryk — die Woord het steeds dieselfde mag. Dit het die mag om lewe te gee en om te herskep omdat ons ons op die lewende Woord beroep wat sy woord gestand doen.


Die Woord leer ons van God: sy karakter, wese, krag, vermoëns en eienskappe. As ons God beter verstaan, is ons in staat om met meer geloof te bid. Geloof is so sterk soos die persoon in wie jy glo.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Doelgerigte Gebed

Ons besef die belangrikheid van gebed. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? En wat bedoel mense wanneer hulle sê jy moet die Skrif bid? Bennie Mostert bied vir jou praktiese wenke in die volgende 7 da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid