Leesplan inligting

Doelgerigte GebedVoorbeeld

Doelgerigte Gebed

DAG 6 VAN 7

Bid volgens die Skrif oor die Vaderskap van God


Ewige Vader, U is ons Skepper wat ons gemaak en gevorm het (Deut. 32:6). Ons verklaar: U is ons Vader, ons God, van ouds af is u Naam: Ons Verlosser (Ps. 89:27; Jes. 63:16). Ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande (Jes. 64:8). Daarom, saam met die menigte nasies in die wêreld verklaar ons: “Ons glo in God die Vader, die Almagtige, Skepper van hemel en aarde.” Dankie vir u verbondsbelofte dat U vir ons ’n Vader is en ons u seuns en dogters (2 Kor. 6:18). Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied net soos in die hemel (Matt. 6:9-10). U Seun Jesus Christus het U aan die wêreld geopenbaar (Matt. 11:27). Openbaar Uself as die Vader wat die hemelligte geskep het, maar nie soos hulle verander of verduister nie. U is die Een van wie elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom (Jak. 1:17).


U in u heilige woning is ’n Vader vir weeskinders en ’n beskermer van die reg van weduwees (Ps. 68:6). Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm U U oor dié wat U dien (Ps. 103:13). Omdat ons u kinders is, het U die Gees van u Seun in ons harte gestuur. Die Gees wat aan ons gegee is, maak ons nie tot slawe nie en laat ons nie weer in vrees lewe nie; nee, ons het die Gees ontvang wat ons kinders van God maak en ons tot God laat roep: “Abba, Vader!” Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is, erfgename saam met Christus. Ons sal deel in sy lyding sodat ons mag deel hê aan sy heerlikheid (Gal. 4:6; Rom. 8:15-17). 


Ons begeer om ware aanbidders te wees; daarom, leer ons, Vader, om U deur die Gees en in waarheid te aanbid (Joh. 4:23). U het ons geleer dat die Seun niks uit sy eie kan doen nie; Hy doen maar net wat Hy U sien doen. Wat U ook al doen, doen die Seun ook net so (Joh. 5:19). Daarom, Vader, wys ons wat U wil hê ons moet doen sodat ons dit kan doen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Doelgerigte Gebed

Ons besef die belangrikheid van gebed. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? En wat bedoel mense wanneer hulle sê jy moet die Skrif bid? Bennie Mostert bied vir jou praktiese wenke in die volgende 7 da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid