Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 6 VAN 23

God se Ambassadeurs


Christene is spesiaal. Petrus noem hulle "'n koninklike priesterdom, 'n heilige nasie." Dit klink goed! Dit is egter nie 'n rede om te spog nie. Dit is nie gebaseer op ons eie meriete nie. Inteendeel, die apostel Paulus het dit gewoonweg gestel dat die meeste Christene nie volgens die wêreld se standaarde wys is nie, nie baie kragtig nie en min is van 'n edele geboorte. God het mense gekies wat vir die wêreld dwaas is, om die wyses in die skande te steek en Hy het swak mense gekies om die sterkes skaam te maak.



Ons identiteit as 'n koninklike priesterdom is suiwer gebaseer daarop dat ons as "'n verkose ras" deur God uitgekies is. Hy het ons uit die donker geroep na sy wonderlike lig, en dit is hoekom ons nou ons lig voor ander kan laat skyn.



Ons redding is nie gebaseer op ons eie meriete nie. Dit is goeie nuus, want dit beteken enigiemand kan vergifnis ontvang. Dit is die evangelie wat ons moet verkondig. Ons moet nie "spog" omdat ons so spesiaal is en so heilig is nie, maar oor ons God wat so groot en so heilig en so genadig is.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid