Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 5 VAN 23

'n Rots van Struikeling


Soos ons twee dae gelede gelees het, is Jesus die hoeksteen en fondament van die kerk. Ons lees ook dat baie Hom verwerp het. Wat gebeur dus met daardie mense wat nie in Jesus glo nie? Vandag se vers sê dat hulle bestem is om te struikel. Jy kan nie net vir Jesus Christus ignoreer en aangaan met jou lewe asof niks ooit gebeur het nie. As jy kies om nie in Hom te glo nie, word Hy vir jou "'n klip waaroor 'n mens struikel en 'n rots waarteen jy jou stamp".



Net soos Jesus se koms eeue tevore al geprofeteer is, was dit ook met sy verwerping. Die profeet Jesaja het gesê: "Hý sal vir julle 'n veilige beskutting wees, maar vir die twee koninkryke Juda en Israel sal Hy 'n klip wees waarteen 'n mens jou stamp, 'n rots waaroor jy struikel. Vir die inwoners van Jerusalem sal Hy 'n vangnet en 'n strik wees. Baie van hulle sal struikel en val, verstrik en gevang word; hulle sal verpletter word" (Jesaja 8:14-15). Jesus bied aan ons versoening met God, en as ons sy aanbod verwerp, sal dit afgryslike nagevolge hê. "Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie" (Johannes 3:18).



Aanvaar jy Jesus as die hoeksteen van jou lewe, of is Hy 'n struikelblok vir jou?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid