Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 8 VAN 23

Om 'n Getuie te wees deur Goed te Doen


"Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe" (1 Petrus 3:15). Soms help besprekings egter nie. Ons woorde sal nie altyd mense van die waarheid oortuig nie. In sulke gevalle maak dit nie sin om aan te hou verduidelik nie. Die apostel Petrus maak melding van 'n ander opsie: "Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat" (1 Petrus 2:15). Mense behoort nooit iets kwaad oor ons te sê hê nie, maar eerder ons goeie werke raaksien. Dit sal 'n kragtige getuienis wees van God se liefde wat in ons werk.



Die Heidelbergse Kategismus, 'n klassieke hulpmiddel in die Christelike geloof, beskryf hierdie idee as volg: "… Gee verder dat ons ons hele lewe, gedagtes, woorde en werke daarop sal rig dat u Naam nie om ons ontwil gelaster nie, maar geëer en geprys word" (Laat u Naam geheilig word. Sondag 47, vraag 122).



As ons 'n getuie van die geloof wil wees, moet ons nie net op ons eie woorde fokus nie, maar ook op ons eie gedrag in die daaglikse lewe. Ons lewenswyse kan ons getuienis ondersteun of vernietig. Dit kan mense aantrek of laat wegdraai.



Is jy bewus daarvan dat mense jou dophou? Beïnvloed dit jou gedrag?


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid