Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 7 VAN 23

Ons Verhouding met die Regering


Christene is "burgers" van God se koninkryk. Hy is Here oor hulle lewens en: "'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!" (Handelinge 5:29). Dit onthef gelowiges egter nie van die verantwoordelikheid om aardse regerings te gehoorsaam nie. Inteendeel, regeringsowerhede is deur God daargestel vir ons beswil.



Die Bybel is duidelik oor die taak van goewerneurs: hulle moet diegene wat kwaad doen, straf en dié prys wat goed doen. Hulle moet wanorde en chaos in die samelewing verhoed, deur wette daar te stel en toe te pas. Hulle moet die mense in regverdigheid lei. Burgers moet die wette van hulle regerings gehoorsaam.



Daar is net een situasie waarin ons nie ons aardse regering moet gehoorsaam nie: wanneer dit ons dwing om God se gebooie te oortree. In sulke omstandighede moet ons inderdaad eerder "aan God gehoorsaam wees as aan mense." In alle ander omstandighede moet ons: "onderdanig wees aan elke menslike instelling," selfs as ons nie altyd daarvan mag hou nie.



Watter reëls of wette vind jy veral moeilik om te gehoorsaam? Watter wette vind jy in besonder goed?


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid