Leesplan inligting

Volg Jesus Ons MiddelaarVoorbeeld

Following Jesus Our Mediator

DAG 7 VAN 7

Jesus Ons Middelaar


Gedurende hierdie week het ons gesien hoe Jesus uitreik na die armes, die onderdruktes, die vreesagtiges, die sondaars en almal wat deur die samelewing gemarginaliseer word. In die finale daad van bemiddeling, sy dood en opstanding, het Hy die straf vir al ons sondes gedra sodat ons eens en vir altyd met God versoen kon word.



Die Africa Study Bible toepassingsnota getiteld "Jesus, Humanity's Mediator," verduidelik:


Bemiddeling is in Afrika-kulture ingebou as 'n kragtige instrument vir konflikoplossing. Tradisioneel word die meeste Afrika-huwelike in die teenwoordigheid van peetouers gereël. Die peetouers is die mense na wie die paartjie sal gaan as hulle 'n probleem het wat ingryping benodig. Wanneer gemeenskappe vandag in konflik is, vergader die seniors van albei partye in die teenwoordigheid van 'n derde party om oor vrede te onderhandel. Wanneer nasies oorlog voer, stuur die Verenigde Nasies vredesgesante om die vyandigheid te probeer beëindig. Peetouers, derde partye en vredesgesante vervul almal die rol van middelaars. Hulle tree tussenbeide om partye wat in konflik is te help om weer harmonie en vrede te herstel.



Christus het as so 'n middelaar gekom — 'n volmaakte Middelaar. Hy het geen sonde gehad nie en was onskuldig aan die misdade wat ons gepleeg het. Tog, as die Middelaar tussen magtiges en magteloses, het Hy ons plek ingeneem. 



Christus het die finale prys betaal en toe belowe dat elkeen wat in Hom glo, nie daardie straf sou ontvang nie. In plaas daarvan, ontvang iemand wat in Hom glo, die ewige lewe. Deur Christus, en slegs deur Hom, kan mense met God vrede hê. “Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar, tussen God en die mense, Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God” (1 Timoteus 2: 5-6).



Oordink of Bespreek


Waarom het ons Jesus as ons Middelaar nodig?



Jesus dien as die volmaakte Middelaar en neem die straf wat ons vir ons sondes verdien, op Hom. Waarom dink jy was Jesus bereid om dit vir ons te doen?



Het jy vrede met God? Indien nie, wat is die enigste manier waarop jy met Hom kan versoen?



As jy nog nie jou vertroue op Jesus, die groot Middelaar van die mensdom geplaas het nie, moet jy nie nog 'n dag laat verbygaan sonder om iemand te vind wat saam jou hieroor kan bid nie.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Following Jesus Our Mediator

'n Blinde bedelaar wat desperaat langs die pad uitroep, 'n sedelose vrou wat deur die beleefde samelewing as vuil verag word, 'n korrupte regeringsamptenaar wat deur almal gehaat word — hoe sou enige van hierdie mense, o...

More

Ons bedank Oasis International Ltd wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://Oasisinternationalpublishing.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid