Leesplan inligting

Volg Jesus Ons MiddelaarVoorbeeld

Following Jesus Our Mediator

DAG 3 VAN 7

Jesus en die Sondiges


Jesus het nooit iemand as té sondig beskou om te vergewe nie. Hy het selfs diegene verwelkom wat deur die res van die samelewing verag is.



Die Africa Study Bible se toepassingsnota getiteld “The Scent of Forgiveness” sê:


Ons faal almal om te lewe soos God vir ons sê om te lewe. Ons sondes maak ander seer, soms diep. Ware gelowiges smag daarna om vergewe te word, deur God asook deur die persoon vir wie ons seergemaak het. 



In hierdie verhaal was 'n sondige vrou so desperaat om vergifnis te vind, dat sy dit gewaag het om 'n belangrike godsdiensleier se huis binne te gaan. Sy was ongenooid, onwaardig en onwelkom. In nederigheid het sy voor Jesus neergeval en geween. Haar trane het op sy voete geval; sy soen toe sy voete en droog die trane met haar hare af. Terwyl sy duur parfuum oor sy voete gegooi het, het die geur die vertrek gevul.



Ander mense mag ons vergewe of hul vergifnis weier, as ons hulle onreg aangedoen het. Wanneer ons onsself egter in nederigheid aan Jesus se voete neerwerp met 'n hart wat oor ons sondes gebreek is, stoot Hy ons nie weg nie. Hy sê vir ons: "Jou sondes is vergewe."



Oordink en Bespreek


Die vrou in hierdie verhaal het 'n baie sondige lewe gelei en het baie bose dinge in die oë van God gedoen. Waarom dink jy het Jesus haar vergewe?



Voel jy onwaardig om God se kind genoem te word? Hoekom of hoekom nie?



As jy jou sondes aan Jesus bely, sal Hy jou vergewe? Wat leer hierdie verhaal ons oor God se bereidwilligheid om ons te vergewe?



Hoe behoort ons op daardie vergifnis te reageer?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Following Jesus Our Mediator

'n Blinde bedelaar wat desperaat langs die pad uitroep, 'n sedelose vrou wat deur die beleefde samelewing as vuil verag word, 'n korrupte regeringsamptenaar wat deur almal gehaat word — hoe sou enige van hierdie mense, o...

More

Ons bedank Oasis International Ltd wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://Oasisinternationalpublishing.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid