Leesplan inligting

Volg Jesus Ons MiddelaarVoorbeeld

Following Jesus Our Mediator

DAG 4 VAN 7

Jesus en die Vreesagtige


Daar is geen vrees so groot dat Jesus nie in staat is om ons te help om dit in die gesig te staar nie. Daar is geen duisternis te diep dat sy lig dit nie kan deurdring nie.



Die Africa Study Bible se toepassingsnota getiteld “The Light of Life” stel dit so:


Op baie plekke veroorsaak die aanvang van die nag vrees en angs vir verborge gevaar. Die meeste euwels en misdade word onder die dekmantel van die duisternis gepleeg. Dade van heksery en towery, diefstal en moord, onsedelikheid en dronkenskap vind dikwels in die duisternis plaas. Moordenaars, naglopers en diegene wat mediums raadpleeg, skuil onder die dekmantel van die duisternis. Mense is onseker oor wat in die skadu van die duisternis lê en daarom sien hulle na die dagbreek uit. 



By Jesus hoef niemand egter vir die duisternis bang te wees nie, want as jy kies om Hom te volg, sal jy nie meer in die duisternis wandel nie, maar in die vreugde van sy lig. In werklikheid word Hy in die evangelie van Johannes, die lig vir die wêreld genoem. Elkeen wat verlig wil word deur die teenwoordigheid van Christus — wat hoop en leiding aan die lewe gee — moet deur geloof met Christus vereenselwig word. Die enigste manier is: "As jou hele liggaam verlig is en nie 'n enkele donker plekkie het nie, sal dit heeltemal verlig wees soos wanneer 'n lamp jou met sy skynsel verlig” (Lukas 11:36). Om Jesus, die lig vir die wêreld, toe te laat om jou lewe te vul, is die enigste manier om te verhoed dat jy verstrengel raak in die duisternis van die wêreld en sy misleidende plesiere.



Oordink of Bespreek


1 Johannes 1:5 sê: "Dit is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie." Hoekom is dit belangrik dat Jesus die lig vir die wêreld genoem word en dat daar geen duisternis in Hom is nie?



Hoe sou jy die verskil beskryf tussen lewe in die duisternis en lewe in die lig? Watter lewe wil jy leef?



Wat is die vrese of areas van duisternis in jou lewe wat voorkom dat die lig van sy lewe deurskyn? Sal jy Hom vra om sy reinigende lig in al die donker uithoeke van jou lewe te kom skyn?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Following Jesus Our Mediator

'n Blinde bedelaar wat desperaat langs die pad uitroep, 'n sedelose vrou wat deur die beleefde samelewing as vuil verag word, 'n korrupte regeringsamptenaar wat deur almal gehaat word — hoe sou enige van hierdie mense, o...

More

Ons bedank Oasis International Ltd wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://Oasisinternationalpublishing.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid