Leesplan inligting

Volg Jesus Ons MiddelaarVoorbeeld

Following Jesus Our Mediator

DAG 6 VAN 7

Jesus en die Korruptes 


Korrupte regeringsamptenare word gehaat en gevrees deur diegene wat deur hulle onderdruk word. Jesus het egter na die onderdrukkers sowel as die onderdruktes uitgereik.



Die Africa Study Bible se toepassingsnota getiteld “A Life-Altering Encounter” lui:


Saggeus wou graag vir Jesus sien. Hy het 'n poging aangewend deur vooruit te hardloop en in 'n boom te klim, net om Jesus goed te kan sien. Saggeus sou tevrede gewees het net om na Jesus te kyk. Jesus het egter vir Saggeus 'n sinvoller ervaring gebied.



Nadat Saggeus Jesus persoonlik ontmoet het, kon hy nie langer met sy belastinginvordering soos gewoonlik voortgaan nie. Voorheen het hy mense bedrieg, maar hy het geweet hy moet ophou kul en terugbetaal wat hy gesteel het. Saggeus het erken dat sy oneerlikheid die oorsaak van die armoede om hom was. Hy het 'n nuwe verantwoordelikheid teenoor sy gemeenskap gevoel.



Saggeus is 'n voorbeeld van iemand wat Jesus regtig wou leer ken. In ruil daarvoor het Jesus hom 'n nuwe lewenswyse gewys. Saggeus het dit ten volle aangegryp deur sy waardes en gedrag te verander. As ons ons tot Jesus wend, sal ons lewens verander word.



Die boodskap uit die verhaal van Saggeus wys ook dat die evangelie almal kan bereik, selfs diegene wat korrup is en ander misbruik het. Of jy nou die mees veragte persoon in die samelewing is, 'n gevangene, dwelmhandelaar of nog erger, Jesus se geskenk van verlossing en 'n nuwe lewenswyse is tot jou beskikking.



Oordink of Bespreek


Jesus het gekies om Saggeus se gas te wees, alhoewel mense gesê het hy moenie. Waarom het Jesus na 'n berugte sondaar se huis gegaan?



Waarom dink jy wou Saggeus, ondanks sy korrupte optrede, graag vir Jesus sien? 



Wat was die uitkoms van Jesus se besoek in Saggeus se lewe en in sy gemeenskap?



Het Jesus jou lewe al beïnvloed? Indien wel, watter impak maak dit op jou gemeenskap?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Following Jesus Our Mediator

'n Blinde bedelaar wat desperaat langs die pad uitroep, 'n sedelose vrou wat deur die beleefde samelewing as vuil verag word, 'n korrupte regeringsamptenaar wat deur almal gehaat word — hoe sou enige van hierdie mense, o...

More

Ons bedank Oasis International Ltd wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://Oasisinternationalpublishing.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid