Leesplan inligting

Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAG 6 VAN 39

In ons soeke na identiteit, ontmoet die gekruisigde en opgestane Christus ons nét waar ons is. Net soos ons, het Hy óók nodig gehad om te weet wie Hy is. Die evangelies is duidelik hieroor. Na refleksie, maak die Anglikaanse teoloog, Thomas Smail, die volgende waarneming rakende hierdie kwessie: “Jesus het nie net een keer nie, maar oor en oor, gedurende elke deel van Sy missie, en deur elke krisis in Sy lewe en dood, ‘n opnuut-bevestigde wete van Sy identiteit nodig gehad.” 


Anders as ons het Jesus egter, toe Hy wou weet wie Hy is, geluister na Sy Vader se stem, daardie stem vertrou, en die waarheid daarvan vir Sy eie lewe aanvaar. Onthou daardie beslissende oomblik, toe Jesus deur Sy neef, Johannes, in die Jordaanrivier gedoop is. Dertig vormende jare van versteekte voorbereiding het hier tot ‘n einde gekom; Sy openbare bediening sou nou begin. Soos Jesus uit die water kom, hoor Hy ‘n stem uit die hemel. Die evangelieskrywers, Matteus, Markus en Lukas, vestig almal ons aandag op dít wat Hy hoor. Jesus beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons weet wie ons is. 


Te danke aan Sy innerlike oortuiging dat Hy God se geliefde is, is Hy deurgaans sy eie persoon, en kan Hy heelhartig van homself gee, tot Hy die laaste daad van selfoorgawe op die kruis voltooi. Omdat Hy geborge is in ‘n interaktiewe verhouding met Abba Vader, kan Hy die versoekings in die wildernis, om ‘n identiteit te skep wat berus op die illusies van sukses, populariteit en mag, weerstaan. Nie één keer in Sy lewe het Hy nodig gehad om Homself te bewys, die goedkeuring van mense te soek, of betrokke te raak by manipulerende magspele nie. Omdat Hy geweet het wie Hy is, kon Jesus Homself met oorgawe daartoe toewy om Sy Vader se koninkryksvisie vir ons wêreld te volbring.  




Refleksie 


Elke keer wat jy vandag in die spieël kyk, sê hardop vir jouself: “Jy is iemand oor wie God homself verheug.”  




Gebed 


Here, laat my hart en verstand ontwaak tot wie ek regtig is.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema




Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van mys...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid