Leesplan inligting

Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAG 39 VAN 39

Aan die einde van die week word jy genooi om ‘n hersieningsgebed te doen van een van die dae van die week en te reflekteer oor jou ervaring. 


Hierdie gebed is presies wat die naam jou na nooi: om te “her” “sien” wat jy in die week beleef het. Doen ‘n oorsig oor jou week en staan stil by die oomblikke waar jy ervaringe gehad het wat jou aandag opneem. Dit dien dan amper as ‘n opsomming van jou week se belewenisse en is ‘n wonderlike middel om God se genade weer te herleef wanneer jy daarby stilstaan.


Om ‘n joernaal te hou is ‘n manier om jou belewenisse in jou geestelike reis te verdiep en hierdie gewaarwordinge in jou hersieningsgebed neer te pen. Oor ‘n tydperk word dit soos ‘n rekord van jou interaksies met God en hoe dit in jou lewe uitgespeel het. Dit beteken dat, soos jy terugkyk, jy kan sien hoe jy gegroei en verander het, in hoe jy na dinge kyk en patrone in jou gedrag. Hierdie veranderinge is gewoonlik stadig en gebeur op so ‘n manier dat ons dit nie altyd dadelik oplet of agterkom nie. 


Oggend:


• Vra die Here om jou te herinner aan die week se belewenisse. Reflekteer oor wat na jou toe gekom het. Vertrou jou ervaring.


• Lees weer die teks van die week. Kyk deur jou notas. Gaan terug na die ervaring van die week wat jou bybly, of vir jou uitstaan. Lees weer deur die oordenking en oefening. Praat met God oor jou ervaring.


Aand:


• Waar het ek God se teenwoordigheid ervaar?


• Hoe het konneksie met myself, met ander en met Hom verdiep as gevolg van my voorbereiding tydens die Lydingstyd?

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema




Dag 38

Aangaande hierdie leesplan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van mys...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid