Leesplan inligting

Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAG 8 VAN 39

Wanneer ons leer om vir onsself lief te wees, nes God vir ons lief is, word die feit dat ons geliefd is vir ons ‘n werklikheid.


Maar hoe sien ons prakties na onsself om? Dit behels gewoonlik om aandag te skenk aan die verskillende aspekte van ons innerlike en uiterlike lewens, om tyd opsy te sit om na ons behoeftes, begeertes en onopgeloste worstelinge te luister. Waar dit laasgenoemde aangaan, moet ons dapper genoeg wees om om hulp te vra, ondersteuning te soek, en ander toe te laat om ons te bedien. Met die insig van dié wat ons goed ken, kan ons ons gawes en talente erken, en dalk selfs ondersoek hoe om hierdie gawes en talente verder te ontwikkel. Waar ons verkeerd opgetree het, kan ons ons harte oopstel vir die genade van die Gekruisigde Een, en leer om onsself te vergewe, sowél as om te probeer op maak teenoor die wat ons te na gekom het. Ons kan maniere ontdek om ons siele en liggame se energie en krag te hernuwe, veral in tye van stresvolle en uitdagende werk.


“Sodat jou menslikheid dan volledig en heel kan wees, laat jou hart, wat alles ontvang, ook vir jouself plek maak. Onthou om jouself aan jouself te herstel ... As ‘n gewone mens het ek selfs ‘n groter behoefte om “myself aan myself te herstel”! Daar is geen ander manier nie, ter wille van my geestesgesondheid. Ek moet meer gereeld stop en die blomme ruik.” St. Bernard of Clairvaux


 Ter Nadenke 


Verbeel jou jy staan saam met Jesus in die Jordaanrivier wanneer Hy sy Vader se stem hoor sê, “Jy is my Geliefde Seun.” Luister dan na wat die Vader vir jou sê waar jy langs Jesus staan.


Gebed


Here, laat my hart en verstand ontwaak tot wie ek regtig is.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema




Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van mys...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid