Leesplan inligting

Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAG 1 VAN 39

ASH WEDNESDAY


- Malcolm Guite (uit Engels vertaal)


Ontvang hierdie kruis van as op jou voorkop

Dit kom van Palmsondag se verbrande kruis;

Die wêreld se woude brand nou

En jy het laat berou getoon vir die verlies

Maar al God se bome sal hul hande klap

Die klippe sal hard uitroep en sing,

As jy 'n verbond kan hê om vir hierdie lande lief te wees

En in Christus hul Heer en koning te herken

Hy sien die langsame vernietiging van daardie bome

Hy ween as Hy sien hoe die antieke plekke brand

En steeds koop jy wat jy wil

En steeds keer jy terug tot stof en as

Tog kan hoop selfs nou uit die as verrys

Dit begin met die teken op jou voorkop.




ASWOENSDAG


“Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.” (Gen. 3:19) AFR53


Die idee van die gebruik van as as ‘n simbool in die geestelike reis, kom vroeg reeds in die Bybel voor, veral in Ou Testament teksgedeeltes: “Daarom herroep ek en het berou in stof en as.” (Job 42:6) Die gebruik van as op ‘n persoon se voorkop was ‘n teken van treur en rou en het met die skeur van klere. gepaardgegaan


Dit is interessant dat ons op Aswoensdag die teken van hoop en verlossing, naamlik die kruis, gebruik om op ons voorkop te plaas. Op die lydenspad is die kruis ons simbool van lyding. Dit is waarheen ons saam met Jesus op pad is.


Die teoloog, Walter Brueggeman, help ons om by ‘n ryker begrip uit te kom. Eerstens wil Aswoensdag my herinner dat ek maar net ‘n mens is. Ons vergeet soms dat ons uit die “stof”, uit die niks ontstaan het, dat ons aan die aarde behoort en dat ons as mens nie lewe as sulks kan skep nie, maar van God se lewensasem afhanklik is. Die lewe binne-in ons is afhanklik van God se lewensasem. Al die stemme wat ons lok na mag, sukses, beheer en welvaart, bring ons soms in die waan dat ons meer onafhanklik en selfonderhoudend is as wat ons werklik is.


In hierdie stoflikheid word ek genooi om te ontwaak tot my menslikheid. Maar ek word ook genooi om te ontwaak vir die pad na die kruis saam met Jesus.


Ek is stof. En tot stof sal ek terugkeer.




Ter Nadenke


Hoe dikwels dink jy aan jou sterflikheid?


Gebed


Here, gee my die genade om u lewe te kies.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van mys...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid