Leesplan inligting

Jesus Het My LiefVoorbeeld

Jesus Loves Me

DAG 7 VAN 7

Ek Weet Dit Uit Die Woord Van God 


As Christene het ons die Bybel gekies as die onveranderlike standaard vir alles wat ons doen en glo, omdat Jesus dit geglo het. Ons moet die Woord van God lees en gehoorsaam om ons identiteit in Christus 'n werklikheid te maak. Jesus het gesê dat elke woord in die Skrif, in die heelal gevestig is — selfs meer as die planeet waarop ons wandel. Dit is "makliker vir hemel en aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval" (Lukas 16:17).



Die Woord van God voorsien ons van uithouvermoë, bemoediging en hoop terwyl ons Jesus in ons gebroke wêreld volg. Terwyl jy Jesus volg en toelaat dat die Woord van God jou verander, sal dit jou hernu sodat jy in elke faset van jou lewe kan funksioneer: jou verhoudinge, gedagtes, gewoontes en keuses. 



In 'n wêreld wat deurmekaar, gevaarlik en onrustig is, wil God aan jou standvastigheid gee. Nog beter, God het ‘n plan vir jou lewe en goeie werke om vir Hom te doen. God wil jou vrugbaar maak. Hy wil jou 'n lig in die duister maak. God gaan jou in jou omstandighede en jou lewe gebruik. Wanneer jy jouself aan die Woord van God onderwerp en toelaat dat dit jou vorm en verbeter, sal jy vir Hom vrug dra.



Elkeen van ons groei daagliks in ons wandel met God. Wanneer daar 'n deel van jou lewe is wat nie heeltemal is waar jy of God dit wil hê nie, moet jy nie moedeloos word nie. Moenie ontmoedig word wanneer jy sonde in jou hart vind of lelike goed in jou lewe ontbloot word nie. Elke herstelprojek is 'n aaneenlopende werk; so is ook elke volgeling van Jesus, 'n werk wat aan die gang bly.



Die Woord van God is vir ons soos 'n padkaart. Iets wat ek al van padkaarte opgemerk het, of jy nou 'n papier padkaart of elektroniese een gebruik, vertrou jy die mense wat daardie padkaart of program saamgestel het. Dit is hoe dit ook met die Woord van God is. Daar is tye wanneer ons dink: hier wil ek regtig regs gaan, maar die Woord van God sê vir my om links te gaan. Jy kan die Woord van God in alle omstandighede vertrou. 



Christenskap en die basiese riglyne waarna ons in die lirieke van Jesus Min My gekyk het, maak ‘n verskil in ons huidige lewens en die wêreld om ons. Terwyl God jou denke vernuwe deur jou gehoorsaamheid en die krag van die Heilige Gees, sal jy begin lewe vanuit jou ware ontwerp en God se beplande doel vir jou, sal in jou lewe verwesenlik word.






Het jy 'n gevestigde of gereëlde roetine om die Woord van God te lees? Maak vandag daardie toewyding. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Loves Me

As iemand jou sou vra: "Wat moet ek glo om 'n Christen te wees?" hoe sal jy antwoord? Deur die lirieke van 'n geliefde lied te gebruik: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God", bied 'n voormalige joer...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/235847

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid