Leesplan inligting

Jesus Het My LiefVoorbeeld

Jesus Loves Me

DAG 5 VAN 7

My


Dit is fassinerend om vanuit God se perspektief aan die mensdom te dink — honderde miljoene mense wat elke dag duisende keuses maak. God sien die moorde raak. Hy sien die dwelmmisbruik. Hy sien hoe die swanger ma wat kokaïne rook, haar baba skade aandoen. Hy sien die gewelddadige mans en pa's wat die mense wat hulle veronderstel is om te beskerm, eerder mishandel. Hy sien die oorloë, die rassisme, die skynheiligheid, en onregverdigheid wat in die wêreld aan die gang is.



Terselfdertyd, sien God elke dag miljoene goeie moeders wat hulle baba's sus en snags na hulle omsien. Hy sien liefdevolle vaders wat hulle dogters leer fietsry. Hy sien hoe helde hulle lewens en gemak opoffer om ander mense te red.



Wat voel God wanneer Hy hierdie deurmekaarspul dophou — die goeie en die slegte van die mensdom? Ek stel voor dat hierdie een vraag — Hoe sien God my? — al die ander universele vrae wat die mensdom het, beantwoord.



Wanneer God een van sy kinders sien swaarkry, wil Hy hulle herstel.




  • In heerlikheid. Jy is na die beeld van God geskape. Jy het ingebore waarde en waardigheid wat niemand van jou kan wegvat nie.

  • Verwoes. Die boosheid van hierdie wêreld verwoes tot 'n mate, vir my en jou, asook al die ander mense op aarde.

  • Waardig om herstel te word. God wil jou na jou oorspronklike ontwerp herstel. Hy wil vir jou 'n lewe gee wat vry is van verderf, vry van vrees vir die dood; vry van skeiding, pyn, gebrokenheid of enige ander boosheid.


Elke mens op aarde, ongeag hoe gebrekkig, gebroke of boos, dra steeds tekens van God se oorspronklike heerlikheid wat Hy aan alle mense gegee het.



Terselfdertyd, is elke mens, ongeag hoe talentvol, moreel of goed, steeds tot 'n mate bevlek deur die boosheid wat ons wêreld deurdring en die sonde wat ons gekies het.



God beskryf in Efesiërs 2:10, dat jy 'n meesterstuk, 'n kunstig gevormde poema is; dit is die Griekse woord vanwaar die woord "gedig" sy oorsprong het. Ons wat op die Meester vertrou om ons te herstel, sal in die ewigheid sy glansrykheid vertoon en verklaar dat Hy nie net die magtigste Wese en briljante Skepper van die heelal is nie, maar ook ons uiteindelike Verlosser, die Een wat herstel wat die bose probeer verwoes het. Dit is wie ons in Christus is.






In watter area van jou lewe is jy die meeste bewus van jou "verwoeste" staat? In watter area van jou lewe het jy God se "herstellende" krag nodig om jou nuut te maak? 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Loves Me

As iemand jou sou vra: "Wat moet ek glo om 'n Christen te wees?" hoe sal jy antwoord? Deur die lirieke van 'n geliefde lied te gebruik: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God", bied 'n voormalige joer...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/235847

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid