Leesplan inligting

Jesus Het My LiefVoorbeeld

Jesus Loves Me

DAG 3 VAN 7

Jesus — Volkome God en Volkome Mens 


Jesus is volkome God: “In die begin was die Woord daar [Jesus], en die Woord was by God, en die Woord was self God” (Johannes 1:1). Jesus is volkome mens: “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.” (Filippense 2:5–8).



Om ons wesenlike oortuigings reg te kry, is nie so seer om "reg" te wees nie, maar om deur God "reggemaak te word". Op dieselfde manier wat 'n kragprop met die kragbron moet ooreenstem om te werk, moet ek en jy in pas wees met die realiteite van die heelal, soos God dit beskryf. 



Die volgende keer wat iemand sê: “Wie kan sê wie Jesus is?” kan ons moontlik met hierdie eenvoudige waarheid antwoord: “Wat van Jesus self? Kom ons laat sy eie woorde daardie vraag beantwoord.” Jesus het hierdie vraag met opset op verskillende maniere met verskeie woorde en dade beantwoord. Een keer het Jesus sy twaalf beste vriende gevra wie hulle glo dat hy is. 



Hierdie hele gesprek is vir ons in die evangelie van Matteus 16:13-15 opgeteken. In hierdie hoofstuk vra Jesus vir hulle: "Maar julle," het Hy gevra, "wie, sê julle, is Ek?" Die dissipels het geweet dat Jesus gesê het Hy is die weg en die waarheid en die lewe (Johannes 14:6). Hulle het ook geweet dat Jesus die krag het om wonderwerke te doen en het gesien hoe duisende mense in hulle tyd begin glo dat Jesus, God is.



Dit is interessant dat Jesus in hierdie spesifieke gesprek die frase "Seun van die mens" gebruik om na Homself te verwys. Jesus se gebruik van die titel "Seun van die mens" beklemtoon dat Hy volkome mens was. Dis 'n vreemde frase vir 'n normale mens om te beklemtoon — Kyk na my, ek is 'n mens. Indien jy egter vir ewig die almagtige God in die hemel was en nou as mens op die planeet aarde is, sou jy moontlik ook gesê het: "Kyk na my, ek is 'n mens!" Dit was Jesus se gunsteling manier om na Homself te verwys.



Terug na die vraag. Sy dissipel, Petrus, antwoord direk. Hy het vir Jesus in die oë gekyk en gesê: "U is die Christus, die Seun van die lewende God" (Matteus 16:16).






Hoekom moet ons geloof in Jesus dien as die voorbeeld wat Jesus verduidelik het? Hoekom moet ons hierdie geloof oor Jesus regkry? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Loves Me

As iemand jou sou vra: "Wat moet ek glo om 'n Christen te wees?" hoe sal jy antwoord? Deur die lirieke van 'n geliefde lied te gebruik: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God", bied 'n voormalige joer...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/235847

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid