Leesplan inligting

Jesus Het My LiefVoorbeeld

Jesus Loves Me

DAG 6 VAN 7

Salig Lot 


Ons kan nie ons redding verdien deur hard te probeer of om goed genoeg te wees nie: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie” (Efesiërs 2:8–9). Om in Jesus te glo, bring die krag van God in ons lewens wat tot ons redding lei: "Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.” (Romeine 1:16).



Het jy al 'n oomblik in jou lewe gehad wat jy gekies het om in Jesus te glo? Vandag gaan oor die keuse om Jesus as jou Verlosser, Koning en Redder aan te neem; asook hoe belangrik dit vir jou is om sekerheid van jou keuse te hê. Die ontvangs van sy geskenk is so eenvoudig as om met jou mond te verklaar dat Jesus die Heer is en met jou hart te glo dat God Hom uit die dood opgewek het.



Hier is 'n gebed om hierdie waarhede van jou kop na jou hart te verskuif, van feite wat jy weet na die geloof wat jy kies. Die woorde vir hierdie gebed is nie toorkuns nie, maar die begrippe in hierdie gebed hou al die krag van die heelal in wanneer jy dit met 'n nederige hart en met geloof in jou Skepper bid.



Liewe Jesus,



Ek kom na U, almagtige God en ek erken daar is 'n tekort in my lewe. Ek het teen U gesondig en U op verskeie maniere verontreg. Jesus, ek dank U dat U ter wille van my sondes en foute aan die kruis gesterwe het. Vandag erken ek U as Heer en Leidsman van my lewe. Ek het berou en keer my weg van my trots. Ek glo in U met my hele hart en ek kies om U met my hele lewe te volg. Ek wil u gratis geskenk van redding ontvang. Here, help my om nou soos 'n nuwe skepping te lewe. Ek bid dit in u Naam en ek glo in die werk wat Jesus gedoen het. Amen.



Die oomblik wat jy jou vertroue in Jesus plaas, gebeur iets bonatuurlik in jou siel, jou lewe en jou ewige lotsbestemming. God breek die kettings van sonde wat jou vasboei. Hy skep vir jou 'n plek in sy huis en neem jou in sy familie aan.  God is jou Vader en Hy het jou lief. Jy het ook 'n geestelike familie van ander gelowiges wat saam met jou op die pad na die hemel toe reis en jou aanmoedig.






Het jy God se uitnodiging aanvaar om deel van sy familie te word? Merk hierdie dag op jou kalender as die dag waarop jy seker gemaak het! 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Loves Me

As iemand jou sou vra: "Wat moet ek glo om 'n Christen te wees?" hoe sal jy antwoord? Deur die lirieke van 'n geliefde lied te gebruik: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God", bied 'n voormalige joer...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/235847

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid