Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

Armor of God

DAG 7 VAN 7

Moenie Die Mens Beveg nie



Dit is belangrik om daarop te let dat ons nie God se wapenrusting aantrek om teen vlees en bloed te worstel nie. Met ander woorde, ons is nie in oorlog met mense nie. Dit is nie moontlik om oorwinnend in die geestelike sfeer te lewe terwyl jy met mense in die vlees bots nie. Daarom herinner Paulus ons daaraan dat ons nie teen vlees en bloed in stryd is nie. 



God salf ons om geestelike stryde te wen, nie argumente met mense nie. Ons word nie geroep om met mense te twis nie. Die duiwel lok ons om deel te neem aan 'n stryd wat nie ons s'n is nie.  Moenie teen mense veg nie. Die bose een verlei ons om met ons broers en susters te veg sodat ons vergeet om teen hom te veg. Moenie jou salwing vermors op stryde waartoe God jou nie geroep het nie. 



Om oorwinnend in die geestelike sfeer te wandel, moet ons gefokus bly en wegstap van konflik met mense, ten spyte van hoe aanloklik daardie geveg mag wees. 







Het jy hierdie plan geniet? Kyk na my boek Fight Back(Moving from Deliverance to Dominion).  Kry hierdie boek by Amazon of laai dit gratis af van my webwerf. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Armor of God

Ons word opdrag gegee om die volle wapenrusting van God aan te trek wat geloof, verlossing, vryspraak, waarheid en vrede insluit. Daar word nie verwag dat ons dit moet bewerkstellig nie, maar dat ons dit moet aantrek. Hi...

More

Ons wil graag vir Vladimir Savchuk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid