Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

Armor of God

DAG 3 VAN 7

Van Vuil Klere tot Geregtigheid



Ons menslike geregtighede is soos vuil klere, maar Jesus se koeëlvaste Geregtigheid is meer as net vergifnis. Dit is 'n regverdige posisie voor God. Jesus het sonde geword sodat ons regverdig kan word. Jesus was nie 'n sondaar nie, maar het sonde aan die kruis geword sodat ek in Hom geregverdig kan word. Ek is nie regverdig in myself nie. Jesus het aan die kruis gesterf deur my sondes op Homself te neem sodat ek as 'n regverdige kan lewe. Hierdie kleed van geregtigheid is kragtige beskerming teen die veroordeling van die duiwel. 



As verlossing die hoof beskerm, beskerm geregtigheid die hart. As ons hart ons veroordeel, is daar iets groter as ons hart ... die bloed van Jesus. Die kruis is groter as ons hart: daarom beskerm Jesus se geregtigheid die hart. 



"Die regverdiges het die moed van 'n leeu" (Spreuke 28:1); "die regverdige sal nooit wankel nie" (Psalm 112:6 AFR83); "al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, ..." (Spreuke 24:16). "Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, ..." (Matteus 5:6). "Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses" (Psalm 34:19 AFR83). "... dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer" (Romeine 5:17) . 



Elke gelowige het hierdie geregtigheid, maar nie elke gelowige beklee hom met Jesus se geregtigheid nie. Dit beteken dat hulle nie altyd bewus is van wie hulle in Christus is nie. 



Die meeste van ons leef met bewustheid van sonde, nie regverdige bewustheid nie. Gevolglik kry ons geestelike hartaanvalle. Die duiwel val ons harte aan omdat ons nie geregtigheid “dra” nie. Dit is tyd om die vuil klere van die eie ek uit te trek en sy geregtigheid aan te trek. 



Glo dat jy regverdig is. As jy dit nie voel nie, kyk na die kruis. Dit gaan nie daaroor om dit te voel nie, maar om dit te glo. 



Bely dat jy regverdig is. 



Wees altyd bewus van jou geregtigheid in Jesus Christus. Dit is jou koninklike kleed. 



Dit is jou kleredrag vir geestelike oorlogvoering. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Armor of God

Ons word opdrag gegee om die volle wapenrusting van God aan te trek wat geloof, verlossing, vryspraak, waarheid en vrede insluit. Daar word nie verwag dat ons dit moet bewerkstellig nie, maar dat ons dit moet aantrek. Hi...

More

Ons wil graag vir Vladimir Savchuk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid