Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

Armor of God

DAG 1 VAN 7

Ek het 'n 49cc Honda bromponie wat ek op warm dae in die stad gebruik, om werk toe te gaan, of familie te besoek. Sy topspoed is 55-65 km per uur. In die staat waar ek woon vereis die wet dat 'n helm met 'n bromponie gedra moet word. Verlede somer terwyl ek heen en weer werk toe gery het, het ek verskonings gemaak oor hoekom ek nie 'n helm hoef te dra nie. Ek is skaam om te erken dat ek vir 'n paar weke sonder 'n helm gery het. Dit is nie dat ek nie 'n helm gehad het nie; trouens, ek het drie helms.  Ek het net nie een gedra nie. Eenkeer, op 'n heerlike sonskyndag, het ek teruggery huis toe en 'n polisiebeampte het my huis toe gevolg en vir my 'n boete opgelê! 



Die boete was nie omdat ek nie 'n helm gehad het nie:  Ek het 'n boete gekry omdat ek nie 'n helm gedra het nie. Dit is natuurlik baie beter om bloot 'n boete te kry as om met 'n onvoorsiene kopbesering op te eindig. Sedertien maak ek seker ek dra altyd my helm — elke keer wanneer ek met my bromponie ry. Ek wonder hoeveel gelowiges doen dieselfde met die hele wapenrusting van God. Ons het dit; ons dra dit net nie. As gevolg van die feit dat ons nie ons geestelike wapenrusting dra nie, wandel ons nie in die oorwinning wat Jesus vir ons gekoop het met sy kosbare bloed nie. 



Elke dag kry ons geestelike boetes, in wese veg ons teen geestelike aanvalle. Ons is nie in staat om die geslepenheid van die duiwel teë te staan, nie in staat om die bose dag te weerstaan nie, nie in staat om die vurige pyle van die bose te blus nie, en word voortdurend deur die vyand seergemaak en geteister. Ons probleem is nie dat ons nie die wapenrusting van God het nie; ons probleem is dat ons dit net nie aantrek nie. 



Moenie God se wapenrusting in jou kop bêre nie; jy moet jou gedagtes en optrede daarmee “aantrek”! 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Armor of God

Ons word opdrag gegee om die volle wapenrusting van God aan te trek wat geloof, verlossing, vryspraak, waarheid en vrede insluit. Daar word nie verwag dat ons dit moet bewerkstellig nie, maar dat ons dit moet aantrek. Hi...

More

Ons wil graag vir Vladimir Savchuk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid