Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

Armor of God

DAG 6 VAN 7

“Die Dag van Onheil” Gebeur met Goeie Mense



Geestelike wapenrusting is ons koninklike kleredrag om ons staande te hou op die “dag van onheil”.  'n Dag van onheil kan met enigiemand gebeur, selfs goeie mense. 'n Dag van onheil kan vir regverdige mense aanbreek. Dit kan begin waar alles wat verkeerd kan verloop sal gebeur. Jy mag dalk oorweldig voel. Gedurende sulke tye moet jy onthou dat die dinge wat om jou gebeur meer geestelik is as wat jy besef. Soms kan dit voel asof jy nie die krag het om terug te veg nie, maar al wat jy moet doen, is om staande te bly. 



Bly staande! 



Onthou, as jy die volle wapenrusting van God aantrek, sal dit vir jou net 'n “dag” van onheil wees, nie dae van onheil nie. Dit is 'n belofte.  'n Dag van onheil sal tot 'n einde kom en die volgende oggend vernuwe God sy genade. 



Die duiwel sal fluister: “Hierdie dag van onheil sal nie eindig nie; dit sal voortgaan. Jy is ’n mislukking, ’n totale nikswerd, niks in jou lewe werk ooit uit nie.” Ek reageer gewoonlik deur te sê: “Jy is ’n leuenaar! Dit is jou skelmstreek; om 'n dag van onheil te gebruik om van my 'n bose mens te maak, maar jy is aan die kruis verslaan. Selfs op hierdie dag sal ek in my posisie staan en jou teenstand weerstaan.” Ek kan jou nie sê hoe alles nuut en anders die volgende oggend is nie. Die dag van onheil het tot 'n einde gekom. Punt! 



God het nie vir ons geestelike wapenrusting gegee om 'n dag van onheil te vermy nie, maar om te vermy om bose mense te word as gevolg van dae van onheil in ons lewe. God se geestelike wapenrusting word aan ons gegee sodat 'n dag van onheil nie verander in 'n onheilige week, maand, jaar of selfs 'n onheilige lewe nie. 



Die duiwel se strategie is om die dag van onheil te gebruik om jou in 'n bose persoon te verander. Maar God gee vir jou 'n oplossing: sy wapenrusting.  God se wapenrusting verhoed jou nie dat jy nie 'n dag van onheil kan hê nie, maar dit sal jou beskerm om 'n bose persoon te word. Dit sal beperk hoe lank daardie dag van onheil voortduur. Wanneer die dag van onheil aanbreek, moenie paniekerig raak nie. 



Trek jou koninklike kleed aan. 



Staan deur geloof in jou posisie van oorwinning. 



Bely jou verlossing; skakel veroordeling uit. 



Verkondig Jesus se geregtigheid oor jouself, selfs al voel jy nie asof jy regverdig is nie. 



Eis die waarheid van die Woord van God op selfs wanneer gebeure dit weerspreek



Verklaar die vrede wat alle verstand te bowe gaan as jy verward voel. 



Spreek die Woord van God, nie jou gevoelens nie. 



Jy sal verbaas wees hoe daardie soort gesindheid die geestelike klimaat van jou dag van onheil sal verander. Die vyand sal verstoot word. Jy sal die grond van die vyand terugneem. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Armor of God

Ons word opdrag gegee om die volle wapenrusting van God aan te trek wat geloof, verlossing, vryspraak, waarheid en vrede insluit. Daar word nie verwag dat ons dit moet bewerkstellig nie, maar dat ons dit moet aantrek. Hi...

More

Ons wil graag vir Vladimir Savchuk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid