Leesplan inligting

Beter Besluite, Minder BerouVoorbeeld

Beter Besluite, Minder Berou

DAG 5 VAN 5

Wat vra liefde van my?


Hierdie insiggewende maar veeleisende vraag behoort die wag te hou oor ons gewete. Dit behoort die gids, padteken en kompas te wees soos ons deur die kompleksiteite van elke verhouding navigeer. Dit behoort ons te rig in ons handel met ander – ons liefdesmaats, kinders, werknemers, kollegas en diegene wat deur ons gementor word. Dit behoort die grens te vorm vir wat ons sê en doen in ons rolle as eggenoot, kollega en buurman of -vrou.


Hierdie vraag verwoord God se wil vir ons oor kwessies waar die Bybel en ander godsdienstige literatuur stil is. Dit vul die leemtes met verontrustende presiesheid. Dit is suksesvol waar konkordansies misluk. Dit verslaan die geykte verskoning: “Maar die Bybel sê nie daar is iets verkeerd met ______ nie.” Dit stop skuiwergate. Dit bring skynheiligheid aan die lig. Dit is die regter en jurie. Dis is so eenvoudig en tog so ontkombaar moeilik. 


Ons laaste vraag, geïnspireer deur Jesus se opdrag, “soos Ek julle liefhet”, is van toepassing op elke moontlike verhoudingscenario. Ons is almal soms in die versoeking om te wonder met hoe min ons kan wegkom in ons verhoudings – die juiste ding wat ons wil hê die ander persoon nie moet doen nie. Hierdie vraag roep ons tot verantwoording. Wanneer ek hierdie konsep by samekomste aanbied, vra ek altyd die gehoor om die volgende sin te memoriseer:


As jy onseker is wat om te sê of te doen, wat vra liefde van jou?


Ons het nie vers en kapittel nodig nie. Ons het iets beter. Naamlik Jesus se nuwe alles-insluitende, onvermydelike, eenvoudige opdrag. Ons moet aan ander doen wat ons Hemelse Vader, deur Christus, vir ons gedoen het. Hy het gedoen wat die beste vir ons was. Nou moet ons doen wat die beste is vir ander, selfs wanneer sommige mense sê minder as die beste is aanvaarbaar. 


Betoon liefde.


Liefde vul leemtes. Liefde verminder wrywing wat geskep word deur ons beperkte insig, kennis, en vooroordeel-vormende ervarings. Daar is baie wat ek nie weet nie. Daar is dinge wat ek nooit sal verstaan nie. Maar my onkunde weerhou my nie daarvan om ander eerste te stel nie. 


Al is ek nie altyd seker wat om te glo nie en al sal my siening oor ’n klomp dinge nog verander, weet ek amper altyd wat liefde van my vra


Ek is seker jy weet ook.  

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Beter Besluite, Minder Berou

Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompli...

More

Ons wil graag North Point Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://andystanley.com/better-decisions-fewer-regrets/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid