Leesplan inligting

Beter Besluite, Minder BerouVoorbeeld

Beter Besluite, Minder Berou

DAG 3 VAN 5

Partykeer, trouens meer as wat ons wil erken, laat iets wat jy oorweeg om te doen jou effens ongemaklik voel. Iets daaromtrent maak jou huiwerig. Iets daaromtrent lyk net nie reg nie. Dit laat jou weifel. Dit pla jou. En gewoonlik het jy geen idee hoekom nie. 


Kenners verwys na hierdie fenomeen as ’n “rooi-vlag-oomblik”, ’n gevoel van: “Ek weet nie presies wat dit is nie, maar iets voel nie reg nie.” Wanneer dit gebeur, is jy dit aan jouself verskuldig om te stop en dié ongemak te ondersoek. 


Moenie dit ignoreer nie. 


Moenie dit afskud nie.


Stop en vra: “Wat is dit oor hierdie saak wat my pla?”


Daardie interne huiwering, daardie rooi vlag, is gewoonlik God se manier om ons in ’n ander rigting te stuur. Mense wat hulleself oorgee aan God probeer nie God speel nie. Hulle voorspel ook nie uitkomste nie. In plaas daarvan gee hulle oor. Hulle gehoorsaam. Hulle volg. Maak nie saak wat hulle begeer nie, hulle wil meer as enige iets anders saans in die bed lê en weet dinge tussen hulle en hul Hemelse Vader is reg. En dis hoe dit moet wees. Soos my pa altyd gesê het: “God neem volle verantwoordelikheid vir die lewe wat heeltemal aan Hom oorgegee is.”


Gee dus aandag aan die ongemak. As jy dit nie doen nie, word jy dalk wakker aan die ander kant van ’n besluit wat jy wens jy kon terugtrek. 


As daar iets binne jou is, iets waarop jy nie jou vinger kan lê nie, of dalk iets waarop iemand anders ’n vinger gelê het wat jou pla oor ’n opsie wat jy oorweeg, wag en kyk mooi. Daardie spanning is heel waarskynlik God se manier om jou te beskerm. Dit is dalk sy manier om jou van ’n besluit te laat afsien wat jy later gaan berou. Elke keer wat jy ’n besluit neem, veral skielike besluite, vra: “Is daar spanning wat my aandag verg?” Moenie dit ignoreer nie. Moenie dit afskud nie. Laat dit jou pla totdat jy weet hoekom dit jou pla. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Beter Besluite, Minder Berou

Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompli...

More

Ons wil graag North Point Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://andystanley.com/better-decisions-fewer-regrets/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid